Nuus 06:00
BULLETIN 14 Augustus 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Solidariteit is opnuut op pad na die VSA om oor menseregte te praat
# Die voormalige Springbok Schalk Burger en sy seun word beboet oor belastingopgawes
# En Netanyahu sê die Gaza-gesprekke mag fokus op die vrylating van al die gyselaars op een slag
# Die vakbond Solidariteit verwag om in die volgende maand na Washington DC in Amerika te reis om met regeringsamptenare te vergader na kommernisse oor menseregte in Suid-Afrika wat verswak. Die besoek volg nadat ‘n verslag van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake bedreigings uitgewys het oor minderheidsgroepe, rassewette, insluitende aanhitsing deur die ‘Kill the Boer’-kreet deur EFF-lede. Jaco Kleynhans van Solidariteit beskuldig die ANC daarvan dat hy weier om konstruktief met die Amerikaanse regering te vergader, wat diplomatieke spanning vererger:
# Die DA sê die skadelikste ekonomiese struikelblok is die beleid van swart ekonomiese bemagtiging. Die ANC het dit verdedig en gesê bemagtiging is nodig om transformasie in die land te bevorder. Professor William Gumede het bereken die gevolge was dat 100 individue met politieke bande een-duisend-miljard-rand deur SEB ontvang het. Mark Burke van die DA sê die werklikheid is dat daar nou ‘n duidelike openbare siening is dat swart ekonomiese bemagtiging misluk het:
# Die adjunkminister van Binnelandse Sake, Njabulo Nzuza, het bevestig ‘n saak van brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging is by die polisie geopen nadat die Germiston-kantore afgebrand is. Nzuza veroordeel gewelddadige versetoptogte en waarsku daar sal gevolge wees. Nzuza sê meer as 500 mense is geraak en dienste is ontwrig. Hy het aan SABC News beklemtoon wetstoepassing sal seker maak die oortreders word gestraf:
# Die Landdroshof in die Paarl, Wes-Kaap, het die voormalige Springbok, Schalk Burger en sy seun, Christiaan, skuldig bevind en beboet omdat hulle nie belastingopgawes ingedien het nie. Dit sluit Burger se maatskappy, Welbedacht Wyne in. Burger is beboet met 56-duisend-rand of 112 maande tronkstraf wat vir 56 maande opgeskort is. Sy seun is beboet met 48-duisend-rand of agt jaar tronkstraf wat vir vier jaar opgeskort is. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak bewys dat diegene wat versuim om belastingopgawes in te dien, nie sal wegkom nie.
# Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het aangedui pogings vir ‘n wapenstilstand in Gaza is nou gefokus op ‘n omvattende ooreenkoms om al die oorblywende gyselaars gelyktydig vry te laat. Die plan het voorheen ‘n wapenstilstand van 60 dae en gedeeltelike vrylating van gyselaars toegelaat. Hamas sê ‘n afvaardiging van sy leiers is in Kaïro vir voorlopige gesprekke met Egiptiese amptenare. Die BBC sê bemiddelaars sien ‘n geleentheid om in die komende weke ‘n ooreenkoms te probeer bewerkstellig. Indirekte gesprekke tussen Israel en Hamas het verlede maand misluk terwyl Israel ‘n omstrede plan aangekondig het om die Gazastrook te beset.
# Krieket: Die Australiese snelbouler Scott Boland sê hulle sal hulle nie laat afsit indien Engeland beledigend raak in die komende reeks om die As nie. Hy het reageer op die onlangse vurige toetsreeks tussen Engeland en Indië wat twee-elk gelykop geëindig het. Australië was in die verlede bekend as die konings van slegsêery, maar het dit die afgelope tyd ‘n bietjie gedemp. Boland sê hulle is gereed vir enigiets wat die besoekers na hulle kant toe gooi. Die eerste van die vyf toetse begin op 21 November in Perth.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-48-sent teen die dollar, 20-rand-47-sent teen die euro en 23-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 123-duisend-371-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-360-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….