Nuus 18:00
BULLETIN 13 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum verwelkom ‘n Amerikaanse verslag wat die vervolging van minderhede in Suid-Afrika bevestig
# Twee gevalle van bek-en-klouseer word in die Vrystaat bevestig
# En Stormers Rugby stel sy nuwe identiteit bekend
# AfriForum sê Suid-Afrika se diplomatieke bande met Amerika kan verswak as die regering versuim om aandag te skenk aan menseregtekwessies. Die organisasie verwelkom ‘n verslag van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake wat verwys na die vervolging van rasse-minderhede, bedreiging van eiendomsregte, aanvalle op Afrikaner-boere en die versuim om misbruike te ondersoek. Ernst van Zyl van AfriForum het president Cyril Ramaphosa versoek om die ‘Kill the Boer’-dreunsang te veroordeel, die Onteieningswet te hervorm en diskriminerende wette te verwyder:
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering gaan voort met ondersteuning vir die motorsektor te midde van tariefuitdagings. Hy het op die Nasionale Vereniging van Motorvoertuig-onderdele en Verwante Vervaardigers se tentoonstelling in Gqeberha in die Oos-Kaap gepraat. Pau het wysigings aan die Motorproduksie-ontwikkelingsprogram bevestig en gesê fase 2 vir elektriese motors is voltooi. Hy het ook bevestig dat belastingaansporings, noodsaaklike mineraalplanne en vaardigheidsontwikkelings-planne onderweg is, wat universiteit-sertifiseringsprogramme insluit:
Die tentoonstelling in vennootskap met die Motorbedryf-ontwikkelingsentrum plaas klem op uitnemendheid in die vervaardiging van motoronderdele. Die tweedaagse geleentheid bring vervaardigers, belanghebbendes en diensverskaffers bymekaar om samewerking te bevorder. Belangrike punte sluit in handel en belegging, vaardigheids- en tegnologievennootskappe, en bedryfshervorming. Die skou bied blootstelling aan opkomende verskaffers en swart nyweraars, met die Suid-Afrikaanse Motormeesterplan vir 2035 wat betekenisvolle betrokkenheid en tasbare uitkomste vir die sektor sal verseker.
# Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het twee gevalle van bek-en-klouseer in Viljoenskroon bevestig. Een geval was op ‘n kommersiële plaas en die ander in ‘n gemeenskaplike weidingsgebied naby die grens met Noordwes. Die departement sê die owerhede het bewegings-beperkings ingestel binne ‘n radius van tien-kilometer, en gebiede wat geraak is onder kwarantyn geplaas. Inentingspogings word voorop gestel om die uitbreking te beperk en vee te beskerm.
# Rugby: Stormers Rugby het ‘n opwindende nuwe era bekendgestel met die onthulling van ‘n nuwe identiteit. Die bygewerkte logo, wat ingeskakelde ringe met ‘n weerligstraal uitbeeld, vereer die span se herkoms terwyl dit ‘n beweging na die toekoms aandui. Uitvoerende hoof Johan le Roux sê die herbou van ‘n handelsmerk versterk die bande met spelers, ondersteuners en borge. Intussen beklemtoon die direkteur van rugby, John Dobson, die Stormers se rol om Kaapstad te laat glimlag, wat gemeenskappe saambring en die span tot ‘n hoëvlak-handelsmerk verhef.
# En die finansiële aanwysers: Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-50-sent teen die dollar, 20-rand-50-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 121-duisend-475-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-364-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….