Nuus 17:00
BULLETIN 13 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement weier om minister McKenzie te ondersoek oor beweerde rassistiese opmerkings
# Krieket: Bosch word gestraf omdat hy Dwarshuis beduie het waar die speler-skuiling is
# En twee mannetjies-leeus word na die Bergsebra Nasionale Park in die Oos-Kaap verskuif
# Die Parlement se Etiekkomitee gaan nie die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se twiets ondersoek waarin die K-woord gebruik word nie, en sê dit was voor hy ‘n parlementslid geword het. Die ATM het die klagte ingedien, maar die Parlement het beslis dit val nie binne die raamwerk van die Gedragskode nie. Die Menseregtekommissie oorweeg steeds ‘n klagte van ActionSA. McKenzie ontken dat hy rassisties is en noem die bewerings ‘n politieke veldtog, maar erken die twiets was ongevoelig en hy is spyt daaroor.
# Afgevaardigdes op die Afrika-Unie se Afrika-Waterbeleggingsberaad in Kaapstad word aangespoor om voorkeur te gee aan waterbeleggings in klimaat- en befondsingsbesprekings. President Cyril Ramaphosa het in sy hoofrede gevra vir befondsing, nasporing en bevordering van waterprojekte. Ramaphosa het ook deelnemers aangemoedig om tasbare ooreenkomste, vennootskappe en ‘n blywende globale meganisme te vind. Hy sê pasmaak-besprekings moet langtermyn samewerking bevorder in ‘n wêreld waar elke druppel tel:
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die Nasionale Vereniging van Onderdele- en Verwante Vervaardigers se tentoonstelling in Gqeberha geprys vir sy rol om Suid-Afrika se voertuig-vervaardigingbevoegdhede ten toon te stel. Tau sê ‘n verhoging van vyf-persent in plaaslike produksie kan 30-miljard-rand in aankope ontsluit en moontlik die Amerikaanse uitvoermark van 4,4-miljard-rand oopstel, en uitvoere verhoog. Hy het beklemtoon dat hervorming van die Motorvoertuig-produksieontwikkelingsprogram groei, mededinging en hernuwing sal aanmoedig, maar ook die vermindering van koolstof, digitalisering en diversifisering bevorder:
# Krieket: Die veelsydige Protea-speler Corbin Bosch het ‘n strafpunt gekry vir ‘n oortreding van die Internasionale Krieketraad se gedragskode tydens gister se tweede T20 teen Australië in Darwin. Hy het na die speler-skuiling gewys nadat hy Ben Dwarshuis uitgehaal het. Die kode beskryf dit as optrede of ‘n gebaar wat ‘n aggressiewe reaksie van die kolwer kan uitlok. Bosch het die straf aanvaar, wat ‘n amptelike verhoor onnodig maak. Suid-Afrika het die wedstryd met 53 lopies gewen om die reeks gelykop te maak.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-53-sent teen die dollar, 20-rand-51-sent teen die euro en 23-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 120-duisend-736-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-356-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-73-sent per vat.
# En laastens, die Bergsebra Nasionale Park in die Oos-Kaap het twee leeumannetjies van die Addo Olifant Nasionale Park verwelkom. Die leeus, genaamd Niklaas en Witwarm, is hervestig om genetiese verskeidenheid en ‘n gesonde balans tussen roofdier en prooi te handhaaf. Hulle is oorgeplaas nadat die park se inwonende mannetjie, Nomad, uitgesit moes word weens ouderdom en om veiligheidsredes. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die oorplasing sal die langtermyn-gesondheid van die leeubevolking ondersteun.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….