Eko-minuut 13:30
BULLETIN 13 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# SANParke sê sy jaarlikse Nasionale Parkeweek is ‘n suksesvolle veldtog wat opvoeding en bewustheid oor die land se inklusiewe benadering tot bewaring verskaf. SANParke gaan volgende maand weer gratis toegang tot die meeste van sy 21 nasionale parke bied. Dit gaan ook gebruik word om ‘n gevoel van trots in die land se natuur-, kultuur- en geskiedenis-erfenis te kweek wat deur die nasionale parkestelsel beskerm en bewaar word.
# Die Stad Kaapstad se Departement Ontspanning en Parke gaan in aanloop tot die lente ophou om gras te sny in parke en openbare ruimtes sodat blomme hulle volle prag kan toon. Kaapstad word oor die algemeen erken as die stad met die grootste bioverskeidenheid ter wêreld. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê die metro val binne die Kaapse Blommeryk, ʼn gebied ryk aan plante en natuurlewe wat kenmerkend is van die Fynbos-bioom:
# En die vervaardiger van blou ammoniak en volhoubare chemikalieë, SUISO, sê hy is verbind tot grondrehabilitasie, herstel van bioverskeidenheid en volhoubare praktyke. Twee Chinese ingenieursmaatskappye het die laaste bod-ronde gehaal om vir SUISO ʼn steenkool-tot-kunsmis-nywerheidsaanleg van 31,5-miljard-rand in Kriel, Mpumalanga, op te rig. Die aanleg wil 1,5-miljoen ton stikstofgebaseerde kunsmis per jaar vervaardig en terselfdertyd doelwitte van die land se billike energieoordrag nakom. SUISO se stigter, Paul Erskine, sê hulle gaan nuwe tegnologie gebruik wat koolstof opneem.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….