Nuus 09:00
BULLETIN 13 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF doen ‘n beroep op ‘n dringende openbarewerkeprogram om werkloosheid aan te pak
# Die DA sê die polisie se stelselmislukkings laat ongelisensieerde wapen-oortreders vry rondloop
# En Brittanje se migrasiebeleid word gekritiseer
# Die EFF het kommer uitgespreek oor die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname en sê die ekonomie groei nie. Die amptelike werkloosheidsyfer het vanjaar in die tweede kwartaal tot 33,2-persent gestyg. Die EFF sê die regering van nasionale eenheid het geen plan om groei in sukkelende provinsies te stimuleer, werksgeleenthede in swak sektore te beskerm of hulpbronne aan te wend waar dit die nodigste is nie. Die party sê ‘n dringende, staatsgeleide massa-openbarewerkeprogram is nodig wat gemik is op infrastruktuur, behuising, nywerhede en landelike ontwikkeling.
# Die DA sê dit is kommerwekkend dat die Nasionale Vervolgingsgesag nie kan naspoor of SAPD-arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit tot vervolging of skuldigbevindings lei nie. Die Wes-Kaapse polisie het tussen Januarie 2020 en Desember 2024 13-duisend-727 arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit aangemeld. Slegs een-duisend-745 sake het egter in skuldigbevindings geëindig, terwyl een-duisend-897 van die rol geskrap is. Nicholas Gotsell van die DA sê die NVG het erken dat sake dikwels teruggetrek word weens onvolledige ondersoeke of swak gehalte bewyse:
# President Cyril Ramaphosa woon van vandag af tot Vrydag die Afrika-Unie- en Afrika beraal vir die waterbeleggingsprogramin Kaapstad by. Die geleentheid, wat onder Suid-Afrika se G20-presidentskap gehou word, sal fokus op klimaatsveerkragtige water- en sanitasieprojekte regoor Afrika. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die beraad sal ook ‘n verklaring oor waterbeleggings lewer om vóór die Verenigde Nasies se waterkonferensie volgende jaar, kontinentale en wêreldwye wateragendas te vorm.
# Die Britse Konserwatiewe leier, Kemi Badenoch, kritiseer die regering se beleid oor migrasie. Die jongste data toon dat meer as 50-duisend migrante die Engelse Kanaal met klein bote oorgesteek het sedert Keir Starmer eerste minister geword het. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie het minstens 20 mense vanjaar gesterf terwyl hulle probeer het om die Kanaal oor te steek. Badenoch het aan Sky News gesê die Arbeidersparty het nie ‘n afskrikplan om dit te keer nie:
# Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen Carlos Alcaraz is deur na die vierde ronde van die Cincinnati Open. Die Spanjaard het die Serwiër Hamad Medjedovic met 6-4, 6-4 geklop om ‘n 50ste seisoensoorwinning aan hom te besorg. Andrey Rublev van Rusland het die Australiër Alexei Popyrin in drie stelle geklop. In die vroue-loting is die Amerikaner Coco Gauff outomaties deur na die laaste sestien na haar teenstander, Dayana Yastremska van Oekraïne weens siekte moes onttrek. Die Italianer Jasmine Paolini en die Tsjeg Barbora Krejcikova is ook deur na die ronde van 16.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-56-sent teen die dollar, 20-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 119-duisend-763-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-351-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-85-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….