Nuus 07:00
BULLETIN 12 Augustus 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# John Steenhuisen sê die ANC se besluit om die RNE te vergroot, is teenproduktief
# Vervaardigingsproduksie het in Junie met twee present gestyg
# En die Europese Parlement sê geen vrede kan onderhandel word sonder Oekraïne nie
# Die DA-leier John Steenhuisen het die ANC se plan om die regering van nasionale eenheid te vergroot en meer politieke partye in te sluit, gekritiseer en sê dis teenproduktief. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het verlede week besluit om nog partye te nooi om by die koalisie aan te sluit en sê dis ‘n strategie om die eenheidsregering te versterk. Steenhuisen sê hulle is nog nie volgens die verklaring van voorneme oor die besluit ingelig nie:
# Die voorsitter van die Collen Mashawana-stigting, Collen Mashawana, ontken sy betrokkenheid by die bou van die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, se luukse huis. ‘n Daily Maverick-verslag noem Luande Mukhethwa Properties in betalings aan ‘n kontrakteur vir die projek. Die onderneming sê dit was roetine-transaksies, sonder enige kennis van Malaka se betrokkenheid. Die aandag het ook na die stigting verskuif nadat hy befondsing ontvang het om die Uitgebreide Openbare Werke-program te begin. Die stigting het na bewering betalings vir die eiendom gemaak terwyl die Onafhanklike Ontwikkelingstrust meer as 23-miljoen-rand na sy stigting oorgeplaas het.
# Statistieke Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Junie met twee-persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die styging is hoofsaaklik as gevolg van groei in voedsel-, drank- en petroleumverwante produkte. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê seisoensaangepaste verkope het van Mei tot Junie met twee-persent gestyg, met verkope vir die afgelope drie maande wat met een-persent gestyg het, op die rug van voedsel-, drank- en motorvoertuigverkope:
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie in die Wes-Kaap waarsku dat om die onderwysersgetalle vir die volgende jaar dieselfde te hou sal die druk op skole verhoog en met meer as 35-duisend onderwysers en groot klasse leerders, sal skole verhoogde druk op hulle begrotings en hulpmiddels ervaar. Die provinsiale sekretaris van SADOU, Sibongile Kwazi, sê die departement sou meer onderwysers kon aanstel as die jaarlikse sistemiese evaluerings en die terug-op-dreef programme hersien is.
# Lede van die Europese Parlement sê geen vrede kan sonder die volle deelname van Oekraïne se demokraties verkose leierskap en die ondersteuning van sy mense bereik word nie. President Donald Trump van Amerika ontmoet Vrydag sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, om ʼn moontlike skietstilstand te bewerkstellig. Lede van die Europese Parlement sê enige ooreenkoms op voorwaardes wat Rusland voorskryf of wat dié land se oorlog teen Oekraïne beloon, sal veiligheid op die Europese vasteland ernstig in gevaar stel.
# Sokker: Suid-Afrika het hulle eerste oorwinning in Groep C behaal met ʼn 2-1-sege oor Guinee in die Afrikanasies-kampioenskap in Kampala. Bafana Bafana-kaptein Neo Maema het die eerste doel in die tiende minuut aangeteken. Moussa Camara van Guinee het die telling voor rustyd gelykop gemaak. In die 54ste minuut het Wayde Jooste die man van die wedstryd, Thabiso Kutumela, se tweede doel vir Suid-Afrika moontlik gemaak. Hierdie sege volg na Bafana Bafana se gelykopwedstryd van 1 elk teen Algerië.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-73-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 119-duisend-19-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-349-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….