Nuus 18:00
BULLETIN 11 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# McKenzie verwelkom die Menseregte-kommissie ondersoek na sy vermeende rassistiese opmerkings
# Die DA-leier eis die herstel van die oppergesag van die reg en ‘n teenkorrupsie-veldtog
# En skares kom in Gaza-stad byeen vir die begrafnis van vermoorde joernaliste
# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, verwelkom ‘n ondersoek na sy beweerde rassistiese opmerkings teenoor swart Suid-Afrikaners. Die EFF, ActionSA en ander partye het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Parlement se Etiekkomitee aangemoedig om op te tree. McKenzie sê hy sal met die ondersoek saamwerk en dring aan dat hy nie ‘n rassis is nie. Hy het ook sy lewenslange stryd vir die gelyke behandeling van swart en bruin mense beklemtoon:
# DA-leier John Steenhuisen eis ‘n kragtige stryd teen korrupsie en ‘n dringende herstel van die oppergesag van die reg. Steenhuisen het op ‘n nuuskonferensie gevra vir die stigting van ‘n nuwe teenkorrupsie-eenheid, soortgelyk aan die Skerpioene, om korrupte amptenare aanspreeklik te hou. Hy kritiseer ook die gebrek aan skuldigbevindings ná die Zondo-kommissie oor staatskaping en eis dat regeringsleiers wat by korrupsie betrokke is, die gevolge moet dra:
Nuus uit die buiteland:
# Palestyne bring hulde aan die vyf Al Jazeera-joernaliste wat gisteraand in ‘n Israeliese aanval dood is terwyl hul begrafnis vandag groot skares gelok het in Gaza-stad. Reuters berig intussen medici by die Al Shifa-hospitaal sê ‘n sesde joernalis is ook in die aanval dood. Die Buitelandse Persvereniging het Israel versoek om aanvalle op joernaliste te staak en buitelandse verslaggewers toe te laat om die gebied binne te gaan. Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê minstens 242 Palestynse joernaliste is in Gaza dood sedert die aanvalle op 7 Oktober 2023.
Die Joodse Raad van Australië steun intussen die land se belofte om Brittanje, Frankryk en Kanada se voorbeeld te volg en ‘n Palestynse staat te erken. Die groep het voorheen sy bedenkinge gehad oor Israel se optrede in Gaza, maar sê erkenning en stappe moet saamgevoeg word om die volksmoord te stop. Die raad sê indien Australië werklik Palestynse selfbeskikking steun, moet hy alle militêre samewerking met Israel beëindig en die land aanspreeklik hou vir die voortgesette volksmoord en doelbewuste verhongering in Gaza. Israel ontken deurlopend bewerings van volksmoord .
# Gholf: Justin Rose van Engeland is terug in die top-tien van die wêreldranglys na sy oorwinning op die St Jude-kampioenskap in Tennessee. Die 45-jarige het die Amerikaner JJ Spaun op die derde uitspeelputjie verslaan om sy 12de PGA-toernooititel te wen. Rose het met hierdie oorwinning ook sy plek in nog ‘n Ryderbeker-kompetisie verseker. Hy is nou negende op die wêreldranglys terwyl Spaun na die sesde plek opgeskuif het. Die Brit sê hy het ongelooflike gholf gespeel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-75-sent teen die dollar, 20-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 119-duisend-831-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-356-dollar-33-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-30-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….