Nuus 17:00
BULLETIN 8 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Barbara Creecy kondig tussentydse raadsaanstellings by Padongelukkefonds aan
# Suid-Afrika stel Nasionale KI-netwerkforum bekend om inklusiewe digitale toekoms te bevorder
# En die Hotel Verde in Kaapstad is weer die groenste hotel in Afrika
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die aanstelling van ‘n tussentydse raad vir die Padongelukkefonds aangekondig nadat die vorige raad verlede maand ontbind is weens bestuurs-mislukkings. Die Nasionale Tesourie se voormalige hoofverkrygingsbeampte, Kenneth Brown, sal as voorsitter dien, met die oud-beleggingsbankier Nonhlanhla Mabusela-Aikhuere as ondervoorsitter. Creecy het op ‘n nuuskonferensie gesê die raad sal ses maande dien of tot ‘n permanente raad aangestel word:
# Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het die Nasionale Kunsmatige Intelligensie Belangegroepforum in Pretoria bekendgestel. Die samewerkingsplatform se doel is die vorming van ‘n inklusiewe, etiese en mensgerigte digitale toekoms. Die adjunkminister, Mondli Gungubele, het aan Newzroom Afrika gesê Suid-Afrika se voorste KI-denkers moet help om die nasionale agenda aan te voor van klaskamers tot in gemeenskappe. Hy beklemtoon die belangrikheid van inklusiwiteit en versoek ‘n einde aan hekwagters en ‘n verbintenis om saam oor sektore en maatskaplike skeidings heen te bou:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy hersien die huidige diensleweringsmodel oor intensiewe sorgeenheid-verpleegkundiges in die vier hospitaal-groeperings. Dis ‘n poging om die 791 poste vir verpleegkundiges te vul. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê daar word tans jaarliks 160 verpleegkundiges van kliniese inrigtings opgelei as deel van ʼn vaardigheids-opleidingsprogram vir intensiewe sorgeenhede:
# Sokker: Suid-Afrika se Premiersliga-seisoen begin hierdie naweek met ‘n vol program. Die huidige kampioen, Mamelodi Sundowns, reis Saterdag na Chippa United terwyl verlede seisoen se naaswenner, Orlando Pirates, vir Sekhukhune United in Johannesburg aanvat. Ander belangrike wedstryde sluit in AmaZulu teen Orbit College, Richards Bay teen Marumo Gallants en Polokwane City teen Magesi. TX Galaxy verwelkom Durban City Sondag in Mbombela en die naweek sluit af met Stellenbosch FC wat Kaizer Chiefs verwelkom.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 116-duisend-761-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-389-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-47-sent per vat.
# En laastens, die Hotel Verde in Kaapstad het die tweede agtereenvolgende jaar die titel van Afrika se voorste groen hotel ingepalm, wat sy rol in volhoubare toerisme verstewig. Die hotel word geprys vir sy zero-afvalbeleid, hernubare energiegebruik en omgewingsbewuste aansporings vir gaste. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die hotel is die voorloper in groen gasvryheid en bewys luuksheid en volhoubaarheid kan saam bestaan. Hy het bevestig ‘n nuwe toerisme-ontwikkelingsraamwerk sal verdere groei in die stad se ekotoerisme aanvoor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….