Nuus 16:00
BULLETIN 7 Augusuts 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kabinet reageer op die Amerikaanse tariewe
# Minister Macpherson beloof om korrupsienetwerke binne die Ontwikkelingstrust af te takel
# En SANEF waarsku joernaliste teen omkopery
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê president Cyril Ramaphosa se telefoonoproep na sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, was ‘n poging om onderhandelinge te versterk. Die kabinet het reageer op die Amerikaanse tariewe van 30-persent wat om middernag in werking tree en sy toewyding tot ‘n volhoubare handelsooreenkoms bevestig. Ntshavheni sê die kabinet wil uitvoere verbreed en wêreldwye voorsieningskettings versterk om die ekonomie en werksgeleenthede te beskerm:
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê hy is vasberade om misdaadnetwerke binne die Onafhanklike Ontwikkelingstrust af te takel. Hy het ‘n strafregtelike saak aanhangig gemaak teen die geskorste uitvoerende hoof, Tebogo Malaka, en woordvoerder, Phasha Makgolane, wat beskuldig word van ‘n poging om ‘n joernalis om te koop om ‘n korrupsiestorie te verhoed. Macpherson het buite die Kaapstad Sentraal-polisiestasie beloof om die publiek se vertroue te herwin en verklikkers en joernaliste te beskerm wat onwettige optrede ontbloot:
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum waarsku joernaliste intussen teen onetiese gedraq. Hopewell Radebe van SANEF veroordeel Malaka se beweerde optrede en waarsku dat joernaliste wat omkoopgeld ontvang, vervolg sal word. Hy beklemtoon dat professionele lede van die media eties moet optree, korrupsie bestry en integriteit moet handhaaf.
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die eerste twee konsepregulasies van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar. Die regulasies oor skooltoelatings en -vermoë is ‘n mylpaal in die instelling van die wet wat in Desember verlede jaar in werking getree het. Dit is onder meer gemik op die handhawing van leerders se regte en die balansering van magte tussen beheerliggame en die regering. Regulasies sal op ‘n gestruktureerde wyse vrygestel word soos dit afgehandel word en amptelike goedkeuring ontvang.
# Sokker: Arsenal se hoofafrigter, Mikel Arteta, sê hierdie seisoen gaan anders wees vir die Gunners nadat hulle ‘n hele paar keer net-net nie bekers kon wen nie. Arteta het in sy eerste seisoen in 2019/20 laas ‘n trofee gewen toe hulle die FA-beker ingepalm het. Hy het Arsenal wel omskep in ‘n span wat gereeld aanspraakmakers op groot trofees is. Arteta se span het die afgelope drie jaar tweede gekom in die Premierliga en verlede seisoen die eerste keer sedert 2009 die halfeindronde van die Kampioeneliga bereik.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 116-duisend-350-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-378-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….