Nuus 06:00
BULLETIN 12 Januarie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Palestynse assistent-minister van Buitelandse Sake loof Suid-Afrika se regsgeding voor die Internasionale Geregshof
# Israel verwerp Suid-Afrika se betoë en beskryf sy regspan as Hamas se verteenwoordigers
# En, minister Godongwana sê die regering is daartoe verbind om die energie- en logistieke krisis op te los
# Die Palestynse assistent-minister van Buitelandse Sake vir Multilaterale Betrekkinge, Ammar Hijazi, het sy dank uitgespreek vir Suid-Afrika se regsgeding voor die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland. Die belangrikste hof van die Verenigde Nasies het met sy verhoor begin oor Suid-Afrika se bewering van volksmoord oor Israel se optrede in sy konflik met Hamas, ‘n bewering wat Israel ten sterkste ontken. Hijazi beskou die hofsaak as ʼn beslissende oomblik vir die internasionale stelsel en bedank almal wat Suid-Afrika se aansoek steun:
Intussen verwerp Israel Suid-Afrika se saak en beskryf dit as ongegrond, terwyl hy die regering daarvan beskuldig dat hy dekking bied vir die terroriste-organisasie, Hamas. Israel se woordvoerder vir Buitelandse Sake, Lior Haiat, beskryf die saak as een van die grootste vertonings van skynheiligheid en verwys na Suid-Afrika se regspan as verteenwoordigers van Hamas. Hy beweer hulle ignoreer Hamas se vergrype op 7 Oktober. Israel sal sy mondelingse betoë vandag lewer.
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die regering bly standvastig in die uitvoering van strukturele hervormings om ekonomiese herstel te ondersteun en te versnel. Die minister berei voor om volgende week die Wêreld Ekonomiese Forum se Jaarvergadering in Davos, Switserland, by te woon. Godongwana sê fiskale konsolidasie is nodig om die stygende skuldvlakke aan te pak, terwyl monetêre beleid die riglyn moet bly om inflasie onder beheer te bring. Hy voeg by die regering is ook vasbeslote om die energie- en logistieke uitdagings wat die ekonomie nadelig beïnvloed, te hanteer.
# Herstelwerk aan Lilian Ngoyi-straat in Johannesburg sal na raming teen 15 Desember voltooi wees, ná die verwoestende gasontploffing verlede jaar. ’n Kontrakteur is aangestel om die puin en beskadigde infrastruktuur uit te grawe en te verwyder, die dienstonnels te sloop en te verwyder en nuwe tonnels en infrastruktuur te bou en te vervang. Johannesburg se stadsbestuurder, Floyd Brink, sê die projek om Lilian Ngoyi-straat te rehabiliteer sal sowat 196-miljoen-rand kos, wat boukoste en ander fooie insluit:
# Rugby: Die Kampioenebeker word hierdie naweek voortgesit en die Bulle speel môre teen die Bristol Bears in die Engelse stad terwyl die Stormers tuis in Kaapstad teen Sale Sharks te staan kom. Volgende naweek is die Bulle terug in Pretoria teen Bordeaux-Begles en die Stormers speel in Parys teen Stade Francais. Die Bulle is tans derde in Groep Een nadat hulle een van hulle vorige wedstryde gewen en een verloor het. Die Stormers is vierde in Groep Vier, ook met een oorwinning en een nederlaag.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-62-sent teen die dollar, 20-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 45-duisend-954-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-31-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-92-sent per vat.
# En om mee af te sluit, ses lande is gesamentlik die beste met reisdokumente wat reisigers toelaat om sonder ʼn visum na 194 uit 227 bestemmings te reis. Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Singapoer en Spanje is boaan die Henley-paspoortaanwyser. Suid-Korea, Finland en Swede is tweede met visum-vrye toegang na 193 bestemmings. Denemarke, Ierland, Nederland en Oostenryk is derde. Henley and Partners se voorsitter, Christian H. Kaelin, sê die algemene neiging die afgelope twee dekades is na groter vryheid om te reis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….