Goeie Nuus
BULLETIN 6 Augustus 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Die Wes-Kaapse Beweeglikheidsdepartement het ‘n geleentheid aangebied om die ongelooflike vroue te vereer wat die ruggraat van die vragvervoerbedryf is. Dit is deel van die Vragvervoerfokusmaand-veldtog, wat vroulike vragmotorbestuurders en die lewensmaats van bestuurders vier wat die bedryf suksesvol maak. Die LUR vir Beweeglikheid, Isaac Sileku, sê vragvervoer is een van die belangrikste afdelings van die provinsiale en nasionale ekonomie, maar diegene wat die sektor aanvoor word dikwels onderskat:
# Rhodes Universiteit sê ‘n student in Joernalistiek- en Mediastudies, Asenathi Ngqobe, se verhaal is ‘n bewys dat iemand met passie en doelgerigtheid ‘n suksesvolle handelsmerk kan bou en ‘n katalisator vir verandering kan word. Sy het haar florerende veeboerdery befonds met winste uit haar gewilde vlegsalon in Makhanda, Braids by SESE. Ngqobe bestuur die helfte van die eiendom op die Kwa Leah-landgoed. Sy sê om ‘n bestuurder te wees gaan nie oor hoeveel geld jy maak nie, maar om ‘n maatskaplike uitwerking te hê en menselewens te verander.
# Die bekroonde digter en bekende skrywer, professor Kobus Moolman, sê sy liefde en waardering vir die geskrewe woord het as tiener op hoërskool begin. Die 61-jarige, wat sedert 2016 aan die Universiteit van Wes-Kaapland klasgee, lewer vanaand sy intreerede. Sy lesing sal delf in die manier waarop hy onderrig gee in die skryf van poësie. Moolman sê die skryf van gedigte gaan nie bloot daaroor om diep te delf in die hoop dat dit sal uitkom nie:
# Die Universiteit van Pretoria sê die Hatfield-kampus se lelie-dam wat in 1960 gebou is, het sedertdien ’n plek van vrede en bron van inspirasie geword waar voornemende kunstenaars kan skets en verf. Die dammetjie is geïnspireer deur die Franse impressionis, Claude Monet, se bekende reeks skilderye van ’n Japannese brug en ’n verskeidenheid lelies. Die dam het tans ongeveer 13 waterlelie-spesies. Die universiteit sê die dam is in 2011 deeglik opgeknap en dien steeds as lewende museum.
# En ten slotte: Lady Gaga is heel bo aan die lys van benoemdes vir die MTV Video-musiektoekennnings met 12 benoemings, insluitend Kunstenaar van die Jaar en Beste Album. Ander top-benoemdes sluit in Bruno Mars met elf, Kendrick Lamar met tien, en ROSÉ en Sabrina Carpenter met agt elk. Alex Warren, Ella Langley en Gigi Perez is van die benoemdes vir Beste Nuwe Kunstenaar. Twee nuwe kategorieë is vanjaar bygevoeg: Beste Country en Beste Popkunstenaar. Die toekenningsgeleentheid word op 8 September in die UBS-arena in New York gehou.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….