Eko-minuut 13:30
BULLETIN 5 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Gemeenskappe wat naby die Kruger-wildtuin woon, verkies om wild te beskerm en nie skade aan te rig om ‘n bestaan te maak nie, eerder as om diere vir wins dood te maak. The Conversation berig navorsers het bevind dat meer as 80-persent van die inwoners alternatiewe soos kunsvlyt-toerisme, aanlyn wildgidse en bewaringswerk ondersteun. Dit volg te midde van toenemende wêreldwye druk om trofeejag te verbied. Plaaslike inwoners sê etiese, volhoubare werk kan armoede verminder en diere beskerm, wat ‘n nuwe weg sal baan vir bewaring en ekonomiese groei.
# Die Carbon Trust verwag dat die aanvanklike koolstofbegrotings realisties moet wees. Die regering het verlede week koolstofbegroting- en -bekampingsregulasies gepubliseer. Maatskappye en individue wat oortree kan tronkstraf en swaar boetes verwag. Volgens die voorgestelde wetgewing moet alle maatskappye wat meer as 30-duisend ton kweekhuisgasse vrystel, jaarlikse teikens indien, asook ‘n nakomingsverslag en planne om vrystellings te verminder. Boetes sal wissel tussen vyf- en tien-miljoen-rand. Jarredine Morris van Carbon Trust sê die koolstofbegrotings moet ook soortgelyk wees aan huidige vrystellingsgasse.
# En ten slotte: Professor Richard Thompson van die Plymouth Universiteit sê ‘n ambisieuse verdrag om plastiek besoedeling te beveg kan ‘n reuse-verskil maak vir die planeet en toekomstige geslagte. Meer as 170 lande vergader hierdie week in Genève, Switzerland, om ‘n internasionale, regs-bindende verdrag oor plastiek besoedeling te ontwikkel, wat ook die mariene-omgewing insluit. Wêreldwyd word slegs nege-persent van vervaardigde plastiek herwin. Thompson sê ‘n verdrag is nodig om te verseker dat slegs noodsaaklike plastiek vervaardig word, chemikalieë wat in plastiek gebruik word verminder word, en dat alle toekomstige plastiek volhoubaar is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….