Nuus 11:00
BULLETIN 4 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê alle kommunikasiekanale bly oop om met Amerika te onderhandel
# Cope sê daar is ‘n kultuur van ontoerekeningsvatbaarheid onder Ramaphosa se leierskap
# En Donald Trump se top-assistent beskuldig Indië dat hy Rusland se oorlog in die Oekraïne befonds
# President Cyril Ramaphosa sê Amerika se besluit om ‘n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse invoere te hef, beklemtoon die dringendheid om aan te pas by die toenemende onstuimigheid in internasionale handel. Die tariefverhogings bedreig uitvoervermoë in strategiese sektore. Die president het in sy weeklikse nuusbrief beklemtoon dat Suid-Afrika nie met Amerikaanse produsente meeding nie en ook nie ‘n bedreiging vir Amerikaanse nywerhede inhou nie. Ramaphosa sê die regering het Amerika betrek om wedersyds-voordelige handel te verbeter, en bygevoeg die belangrikste kwessie is die beskerming van uitvoernywerhede.
Cope sê intussen die voortgesette erosie van etiese regering onder Ramaphosa se leierskap is verraad teen die demokratiese waardes waarvoor Suid-Afrikaners geveg het. Die party sê adjunkpresident Paul Mashatile se versuim om ‘n diamantgeskenk van ‘n twyfelagtige sakeman te verklaar, tesame met Ramaphosa se weiering om aanspreeklikheid te eis, illustreer ‘n leierskapsgaping wat deur straffeloosheid gekenmerk word. Teboho Loate van Cope sê Ramaphosa se stilswye en afwysing bevorder ‘n houding van geen aanspreeklikheid wat openbare vertroue ondermyn:
# Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, twee weke gegee om ‘n plan te formuleer om die metro se verkwistende, onreëlmatige en ongemagtigde uitgawes te beperk. Dit het die metro het in die 2023/24-boekjaar meer as 24-miljard-rand gekos. Die minister waarsku versuim om op te tree kan veroorsaak dat die Nasionale Tesourie toelae van die metro terughou. Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê Morero is besig om te werk aan die kwessies wat Godongwana geopper het:
Nuus uit die buiteland:
# ʼn Top-assistent van die Amerikaanse president, Donald Trump, beskuldig Indië dat hy Rusland se oorlog in Oekraïne finansier deur olie by Moskou te koop. Dit volg net enkele dae nadat die Trump-administrasie ʼn tarief van 25-persent op Indiese uitvoerprodukte na Amerika ingestel het. Die Withuis dreig met nog optrede indien Indië voortgaan om Russiese olie te koop. Die adjunk-personeelhoof in die Withuis, Stephen Miller, het aan Fox News gesê Indië en China koop Russiese olie:
# Tennis: Die Wimbledon-kampioen, Iga Swiatek van Pole, is die jongste gekeurde wat op die Kanadese Ope in Montreal uitgeskakel is. Die tweede gekeurde het in skoon stell teen die 19de gekeurde Deen Clara Tauson geklop. Die Amerikaner, Madison Keys, is deur na haar agtste kwarteindronde nadat sy met die Tsjeg, Karolina Muchova, afgereken het. In die manstoernooi in Toronto, het Taylor Fritz die Tsjeg, Jiri Lehecka, naelskraaps geklop terwyl die Deen, Holger Rune, teen Alexei Popyrin van Australië verloor het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-1-sent teen die dollar, 20-rand-83-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-466-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-359-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….