Nuus 09:00
BULLETIN 4 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COPE sê daar is ‘n kultuur van ontoerekeningsvatbaarheid onder Ramaphosa se leierskap
# Limpopo se omstrede varkmoordsaak begin vandag
# En fietsry: Pauline Ferrand-Prévot wen die vroue-afdeling van die Tour de France
# Die Congress of the People sê die voortgesette erosie van etiese regering onder president Cyril Ramaphosa se leierskap is verraad teen die demokratiese waardes waarvoor Suid-Afrikaners geveg het. Die party sê adjunkpresident Paul Mashatile se versuim om ‘n diamantgeskenk van ‘n twyfelagtige sakeman te verklaar, tesame met Ramaphosa se weiering om aanspreeklikheid te eis, illustreer ‘n leierskapsgaping wat deur straffeloosheid gekenmerk word. Teboho Loate van COPE sê Ramaphosa se stilswye en afwysing bevorder ‘n houding van geen aanspreeklikheid van wat openbare vertroue ondermyn:
# Die parlementêre gekose komitee oor Openbare Infrastruktuur sê die skorsing van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust se hoof, Tebogo Malaka, is ‘n aanduiding dat die instelling gevolgebestuur ernstig opneem – iets wat lankal moes gebeur het. Haar skorsing volg ná ʼn forensiese ondersoek na ʼn mislukte suurstofaanlegprojek van 836-miljoen-rand. Die komiteevoorsitter, Rikus Badenhorst, sê hulle wil ʼn volledige hersiening van interne beheer- en verkrygingstelsels by die trust hê om seker te maak sulke misbruik van staatsfondse gebeur nooit weer nie:
# Die verhoor van die varkboer Zachariah Olivier van Limpopo en sy twee medebeskuldigde plaaswerkers, Rudolf De Wet en William Musora, begin vandag in die Hooggeregshof in Polokwane. Die drie word daarvan beskuldig dat hulle Maria Makgato en Lucia Ndlovu doodgeskiet en hul liggame aan varke op ‘n plaas buite Polokwane gevoer het. Die ontbinde oorskot van die twee werkers is in Augustus verlede jaar in ‘n varkhok gevind. Die drie staan tereg op aanklagte van moord, besit van vuurwapens en ammunisie, asook regsverydeling.
# Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het ‘n beroep op die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis gedoen om voedsel en mediese sorg na gyselaars wat in Gaza aangehou word, te bring. Dit volg nadat Hamas en die Palestynse Islamitiese Jihad video’s vrygestel het wat die gevangenes Rom Braslavski en Evyatar David in ‘n sigbaar brose toestand wys. Hamas sê hulle is bereid om positief te reageer op enige versoek van die Rooi Kruis om voedsel en medisyne aan gyselaars te lewer, maar slegs op voorwaarde dat humanitêre deurgange in Gaza geopen word. Netanyahu het Hamas beskuldig dat hy nie ‘n skietstakingsooreenkoms wil hê nie.
# Fietsry: Paulene Ferrand-Prévot het geskiedenis gemaak deur die eerste Franse wenner van die Tour de France in 36 jaar te word. Die 33-jarige wat verlede jaar goud in bergfietsry by die Paryse Olimpiese Spele gewen het, het die algehele titel ingepalm met ‘n voorsprong van drie-minute-42-sekondes oor die 2023 kampioen, Demi Vollering, van Nederland. Die verdedigende kampioen, Katarzyna Niewiadoma van Pole was derde. Ferrand-Prévot sê om die geeltrui in haar eerste poging te wen, is spesiaal:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-3-sent teen die dollar, 20-rand-88-sent teen die euro en 23-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-548-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-360-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-20-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….