Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrikaanse Christelike organisasies eis die terugtrekking van die volksmoordklag teen Israel
# Die Mededingingskommissie oorweeg ‘n appèl teen die beslissing oor rand-manipulasie
# En, krieket: Beseerde Rashid Khan sal Afganistan se T20-reeks teen Indië misloop
# ‘n Groep Suid-Afrikaanse Christelike organisasies is skerp gekant teen die regering se besluit om ‘n volksmoordsaak teen Israel in te stel. Hulle eis die onmiddellike terugtrekking en sê dit ontbreek aan meriete en benadeel nasionale belange. Die leiers voer aan Israel het reageer op onuitgelokte aanvalle wat deur Hamas se vernietigende handves ondersteun word. Die organisasies waarsku ook oor nadelige politieke en ekonomiese gevolge, aangesien sleutelbondgenote soos die VSA, Duitsland en Brittanje die besluit beskou as ‘n onderskrywing van Hamas se optrede, wat moontlik druk kan plaas op diplomatieke en handelsbetrekkinge.
# Die Mededingingskommissie sê hy oorweeg om te appelleer teen die Mededingings-appèlhof se beslissing teen sy saak dat banke tussen 2007 en 2013 die rand/dollar-wisselkoers gemanipuleer het. Die hof het 24 van die 28 plaaslike en internasionale banke se appèlle, hersienings- en verwerpingsaansoeke aanvaar. Slegs vyf van die 28 banke wat die kommissie wil vervolg, sal hulleself in ‘n verhoor moet verdedig. Die Mededingingskommissie se woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê sy regspan bestudeer tans die beslissing:
# Die Departement van Water en Sanitasie sê die land se damvlakke het geleidelik gestyg nadat swaar reën in dele van die land geval het. Die land se totale opgegaarde water is vandeesweek 91-persent teenoor verlede week se 89,9-persent. Die departement se waarnemende woordvoerder, Andile Tshon, sê die land se watervoorsieningstelsels het egter ʼn dalende neiging getoon ten spyte van die voortgaande reënval:
# Krieket: Die superster Rashid Khan sal Afganistan se T20-reeks teen Indië misloop, al het hy saam met die span gereis. Die bybreekbouler moes van Suid-Afrika se SA20 en Australië se Big Bash-liga onttrek weens ‘n laerugbesering. Afganistan se kaptein, Ibrahim Zadran, sê Khan ondergaan rehabilitasie met die hoop om so gou moontlik gereed te wees. Die eerste van die drie T20’s vind vandag in Mohali plaas, gevolg deur die tweede een Sondag in Indore en die laaste een Woensdag in Bengaluru.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-62-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-293-dollar-77-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-31-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-88-sent per vat.
# Ten slotte: Die Nasionale Kredietreguleerder vra verbruikers om hierdie maand verstandig te leen om die finansiële uitdagings te bestuur wat dikwels ná die feestyd gevoel word. Met die lang gaping tussen die betaaldae van Desember en Januarie, wend sommige mense hul tot buitensporige lenings vir noodsaaklikhede soos huur, kos en skoolgeld, wat verswakte kredietrekords kan veroorsaak. Die reguleerder stel voor terugbetalings moet beplan en kredietooreenkomste verstaan word, en moedig verbruikers aan om bewus te wees van kredietkoste. Hy waarsku teen desperaat-gedrewe lenings en om ongeregistreerde kredietverskaffers te vermy om finansiële welstand te beskerm.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….