Nuus 15:00
BULLETIN 29 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Motlanthe-stigting se seminaar bespreek geo-politieke sake, insluitende onsekerheid oor AGOA
# Tiffany Meek se verdedigingspan beplan ‘n nuwe borgtogaansoek nadat borgtog geweier is
# En rugby: Die Britse en Ierse Leeus se besoek aan Australië was ‘n reuse-beplanning
# Die Kgalema Motlanthe-stigting bied ‘n seminaar in Sandton, Johannesburg aan, wat kyk na geo-politieke aangeleenthede soos die dreigende Amerikaanse tariefverhogings en onsekerheid aangaande die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se besluit sal na verwagting verskeie sektore raak, soos landbou en motorvervaardiging. Sprekers sluit in Suid-Afrika se spesiale gesant in Amerika, Mcebisi Jonas, die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe. Die paneel wil besin hoe Suid-Afrika die tariefverhogings kan hanteer en bande met Amerika versterk.
# ‘n Gautengse vrou wat beskuldig word van die moord op haar jong seun, Tiffany Meek, se regsverteenwoordiger, Noven Naidoo, sê ‘n nuwe borgtogaansoek met nuwe feite word oorweeg. Die Landdroshof in Roodepoort het vanoggend borgtog geweier. Meek word beskuldig van die moord op die elfjarige Jayden-Lee in hul woonstel in Johannesburg in Mei. Landdros Anneline Africa het beslis haar vrylating sal openbare vrede en geregtigheid ondermyn. Naidoo sê sy kliënt is steeds emosioneel terwyl sy treur oor haar seun:
# Die Vryheidsfront Plus vra Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, om dringend in te gryp by landelike veiligheid na die onlangse moorde op kleinhoewes noord van Pretoria. In die jongste voorval is ‘n 46-jarige man gisteroggend op sy kleinhoewe in Kameeldrift-Oos vermoor. Jaco Mulder van die VF Plus sê dit volg kort na die moord op Mossie Mostert op sy eiendom in die Buffelsdrift-bewaringsgebied:
# Noordwes se Onderwysdepartement sê die kragtoevoer is herstel na vyf skole en twee kantore in die Ditsobotla-plaaslike munisipaliteit. Die departement se woordvoerder, Mphata Molokwane, sê hulle was geskok om uit te vind dat van die skole wie se kragtoevoer afgesny is, nie eens geld aan die munisipaliteit skuld nie. Hy sê die departement bly daartoe verbind om te verseker alle skole en kantore funksioneer doeltreffend met die lewering van gehalte-onderwys:
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se toer in Australië word bestempel as ‘n reuse-onderneming. Die bestuurder van logistiek, Tom Day, het aan BBC Sport gesê hulle moes die spelers en ondersteuningsgroep na en van die suidelike halfrond en reg oor die reuse-vasteland vervoer met 10-ton bagasie. Dit het vier stelle identiese oefenstelle en ‘n skrumslee ingesluit. Die algehele plan het 53 vragmotor-ritte oor meer as 11-duisend-kilometer behels. Die toer eindig Saterdag in Sydney met die derde toets teen die Wallabies.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-95-sent teen die dollar, 20-rand-76-sent teen die euro en 23-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-365-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-319-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 69-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….