Eko-minuut 13:30
BULLETIN 28 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad het ‘n proefprojek vir bio-gebaseerde, bio-afbreekbare deklaag op ‘n pynappelplaas naby Peddie in die Oos-Kaap van stapel gestuur. Die projek, wat deur die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering befonds word, is gemik op die vervanging van fossielbrandstof-plastiek films met omgewingsvriendelike alternatiewe. Die nuwe deklaag ontbind in organiese materiaal, wat mikroplastiek besoedeling verminder. Amptenare sê die vernuwing ondersteun gewas-prestasie en Suid-Afrika se sirkulêre ekonomiese doelwitte in landbou.
# SANParke het afgesluit met ‘n reeks fokusgroep-slypskole oor die vorming van Tafelberg Nasionale Park onder die nuwe tienjaar Parkbestuursplan en die Mariene Beskermde Gebiedsplan van 2027 tot 2036. Chand Environmental Consultants het die slypskole gelei en die beskerming van mariene gebiede, kulturele erfenis, maatskaplik-ekonomiese hervorming en bioverskeidenheid is bespreek. SANParke sê kenners het die hoofvoorkeure uitgelig, insluitend klimaatsverandering, werkskepping en erfenisbewaring. Openbare betrokkenheid sal volg soos die plan vorder, met die doel om die park se ekologiese, kulturele en ekonomiese toekoms te verseker.
# En ten slotte: Kaapstad se onderburgemeester, Eddie Andrews, sê die metro wil vleilande beskerm en internasionale verbintenisse versterk om vleilande te bewaar. Kaapstad is onder 43 geakkrediteerde Vleilandstede reg oor die wêreld. Die metro het onlangs sy eerste Vleiland-verslag bekendgestel. Dit gee erkenning aan bestepraktyk-werk wat tot dusver onderneem is om beleide en planne in te stel en seker te maak Kaapstad se vleilande is beskerm en gerehabiliteer. Andrews sê die verslag voorsien die publiek van ‘n omvattende en pragtige opsomming van Kaapstad se natuurlike vleilande en waterweë.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….