Nuus 09:00
BULLETIN 27 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD-party sê Kunene se bedanking is ‘n verantwoordelike stap
# Die Kajuitpersoneelvereniging vra vir aanspreeklikheid nadat ‘n granaat by OR Tambo gevind is
# En krieket: Die Proteas ly ’n nederlaag in ‘n opwindende driehoekige T20-reeks-eindstryd
# Die GOOD-party sê Kenny Kunene se bedanking as burgemeesterskomiteelid vir Vervoer en raadslid van Johannesburg is ‘n verantwoordelike stap te midde van politieke uitdagings. Matthew Cook van GOOD sê hoewel dit nie ‘n erkenning van skuld is nie, prys die party sy volwassenheid en dring aan dat die fokus nou na diensleweringsbehoeftes verskuif. Hy sê etiese standaarde en aanspreeklikheid moet versterk word, teen die agtergrond van ondersoeke en kommer oor vertroue:
# Die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging doen ‘n beroep op die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika om aanspreeklikheid te aanvaar ná ‘n sekuriteitsbreuk by die OR Tambo-lughawe. ‘n Passasier op ‘n vlug na Ethiopië het twee oefenhandgranate in sy bagasie gehad, wat eers met aankoms ontdek is. ACSA het sedertdien sy kontrak met Lugvaartkoördineringsdienste, wat ruimbagasie nagaan, beëindig. Christopher Shabangu van die vereeniging het die voorval veroordeel en vereis dat ondersoek ingestel word nadat Burgerlugvaartowerheid ‘n boete van twee-miljoen-rand opgelê het.
# Israel het sê hulle het gister begin met hulpaflewerings na Gaza en verskeie ander stappe word gedoen om die humanitêre krisis in die gebied te verlig. Die Israelse weermag sê “humanitêre deurgange” sal gevestig word vir die veilige beweging van Verenigde Nasie-konvooie wat hulp aan die mense van Gaza lewer. Daar sal ook “humanitêre onderbrekings” in digbevolkte gebiede ingestel sal word. Intussen berig Egiptiese nuusagentskappe hulpvragmotors het van Egipte na Gaza begin beweeg. Dit volg ná maande van internasionale druk van noodlenigingsagentskappe oor die hongersnood in Gaza.
# En ten slotte sportnuus:
# Krieket: Suid-Afrika het gister op die nippertjie gestruikel toe Nieu-Seeland hulle met drie lopies uitgeskakel het in ‘n opwindende driehoekige T20-reeks-eindstryd in Harare. Die Proteas het goed begin, nadat hulle 181 lopies gejaag het om te wen. Hulle het net sewe lopies van die laaste boulbeurt nodig gehad en het toe twee paaltjies vir net drie lopies verloor. Die tiener Lhuan-dré Pretorius het sy eerste internasionale T20 vyftigtal aangeteken en 51 lopies van 35 balle bygedra.
# En boks: Die nuut aangestelde voorsitter van Vroue in Boks, Rina Sabotsky, sê sy beoog om vroulike boksers te verhef deur hul betrokkenheid buite die kryt as skeidsregters, beoordelaars en amptenare te bevorder.Sabotsky sê in ‘n onderhoud met SABC News ondanksvordering, het vroue steeds ‘n tekort aan blootstelling en geleenthede:
Sabotsky het ook ‘n Vroueboksreeks met nege byeenkomste vir Augustus bekendgestel om saam te val met Vrouemaand. Sy sê elke provinsie sal een byeenkoms aanbied, gelei deur vroulike promotors en met vroulike skeidsregters, beoordelaars en boksers. Sy doen ‘n beroep op die privaat sektor om die beweging te ondersteun en sê dit is ‘n veilige en opwindende tyd vir vroue in boks:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….