Nuus 13:00
BULLETIN 26 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Tuisonderrig-burgerregtegroep betwis die BELA-wet in die Konstitusionele Hof
# Die Nasionale Tesourie soek innoverende voorstelle om geld te leen
# En krieket: ’n Jong Suid-Afrikaanse kolwer verpletter ’n internasionale rekord
# Die tuisskool-burgerregtegroep, die Pestalozzi Trust, het ‘n klag by die Konstitusionele Hof aanhangig gemaak teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette, en aangevoer die Parlement het nie betekenisvolle openbare deelname verseker nie. Die woordvoerder Chris Cordeiro sê daar was onvoldoende kennisgewing en beperkte tyd vir deelname en dit maak die wet prosedureel gebrekkig. In 2023 het die Trust 2,35-miljoen-rand bewillig vir regsaksie. Cordeiro sê die Wet bedreig ouerlike regte en beperk ouers se vermoë om hul kinders op te voed na hul beste belang.
# Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika sê die restourasie van Suid-Afrika se Parlement vorder goed, met verwagte voltooiing teen November 2026. Die geboue sal teen vroeg in 2027 gereed wees vir gebruik, betyds vir die Staatsrede. ‘n Senior bestuurslid van die bank, Chuene Ramphele sê die projek van byna 3,5-miljard-rand sluit die opknapping in van die Ou en Nuwe Nasionale Vergadering-geboue wat in die brand van 2022 beskadig is:
# Die Nasionale Tesourie vra vir voorstelle vir innoverende en koste-effektiewe maniere om Suid-Afrika se buitelandse valuta-leningsprogram vir die huidige boekjaar aan te vul. Die stap is daarop gemik om befondsingsbronne uit te brei buite die tradisionele Euro-obligasies en leningskoste te verminder. Die Tesourie soek insette van primêre handelaars, banke, multilaterale instellings en beleggers. Die regering beplan om teen Maart 2026 bykans 99-miljard-rand in buitelandse lenings te verwesenlik. Voorstelle sluit op 6 Augustus met beoordeling wat op 29 Augustus afsluit.
# Die Forum for South Africa sê hy sal nie rus voordat geregtigheid geskied het vir die families van kinders wat gesterf het nadat hulle besoedelde happies van onwettige spaza-winkels geëet het nie. Die forum beskuldig die Departement van Kleinsakeontwikkeling dat hulle op die nippertjie reageer op hulle versoek nadat hulle met regstappe gedreig het. Tebogo Mashilompane van die forum sê die departement verplaas die skuld op munisipaliteite terwyl hulle self die verantwoordelik moet aanvaar:
# En sportnuus:
# Fietsry: Thymen Arensman van Nederland het gister ‘n verkorte 19de skof van die Tour de France, van Albertville na La Plagne, gewen nadat hy die laaste klimtog alleen aangepak het. Die algehele voorloper, die Sloveen Tadej Pogacar, se posisie was nie onder druk nie en hy het sy voorsprong oor Jonas Vingegaard van Denemarke behou. Pogacar is gereed om sy vierde Tour de France te wen nadat hy sy posisie suksesvol verdedig het tydens die laaste bergskof. Die wedren eindig môre op die Champs-Élysées in Parys.
# En krieket: Jorich van Schalkwyk het die eerste kolwer in die geskiedenis van jeug eendag-krieket of YODI, geword om ‘n dubbele honderdtal aan te teken toe Suid-Afrika se O.19-mans gister hul driehoekige reeks met ‘n oorweldigende oorwinning van 278 lopies oor die gasheer Zimbabwe in Harare afgeskop het. Die 18-jarige het ‘n ongelooflike 215 lopies van 153 balle aangeteken – 19 viere en ses sesse – om sy span te help om 385 lopies in te oes. Dié vertoning is ‘n groot hupstoot vir Suid-Afrika aan die begin van die reeks by die Sunrise Sports Club, waarby Bangladesj ook betrokke is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….