Nuus 16:00
BULLETIN 25 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika onderteken ‘n ooreenkoms met Amerika slegs dae voor die tariewe van 30-persent in werking tree
# Dokters sonder Grense sê ‘n kwart van die kinders in Gaza is ondervoed
# En sokker: Banyana mik vir brons teen Ghana ter ere van Salgado
# Suid-Afrika het ‘n sleutel-ooreenkoms met die Amerikaanse handelsverteenwoordiger onderteken, slegs dae voor nuwe invoertariewe in werking tree. Amerika beplan om vanaf 1 Augustus die heffings op die meeste Suid-Afrikaanse uitvoere van 10- na 30-persent te verhoog. Belangrike grondstowwe soos platinum en chroom is uitgesluit. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die ooreenkoms bevestig tydens die hantering van die departement se begroting in die Nasionale Raad van Provinsies en dit beskryf as ‘n kernbelangrike stap vorentoe om ‘n finale handelsooreenkoms te bereik:
# President Cyril Ramaphosa het versoek dat nasionale ontwikkelings sonder insette van plaaslike gemeenskappe einde kry. Hy het in Kimberley aan die Noord-Kaapse regering gesê hulpbronne word vermors met sulke benaderings wat van buite gemeenskappe plaasvind, terwyl dit wantroue tussen gemeenskappe en die regering verdiep. Hy vra dat sake beter gekoördineer word om dienste te verbeter en die provinsie se ontwikkeling as spilpunt vir skoon energie en nywerhede te ondersteun:
Nuus uit die buiteland:
# Dokters sonder Grense sê ‘n kwart van jong kinders en swanger vroue of vroue wat borsvoed wat verlede week in sy klinieke in Gaza getoets is, was ondervoed. Die mediese bystandgroep sê Israelse owerhede se doelbewuste gebruik van hongersnood as ‘n wapen in Gaza het ongekende vlakke bereik, met pasiënte en gesondheidswerkers wat ook nou sukkel om te oorleef. Daar word gesê dat personeel in die beleërde oorloggeteisterde Palestynse gebied toenemende getalle ondervoede pasiënte behandel.
# Rugby: Die gewese Engelse ster-speler, Martin Johnson, het die Britse en Ierse Leeus aangevuur voor môre se tweede toets teen Australië in Melbourne. Johnson het Engeland gelei toe hulle die Wêreldbeker in 2003 gewen het, en was ook in 1997 kaptein van die Leeus wat ‘n reeksoorwinning oor die Springbokke behaal het. Hy het die belangrikheid beklemtoon om in groot wedstryde kalm te bly en die basiese dinge reg te doen. Die wedstryd sal voor 95-duisend toeskouers gespeel word. Die Leeus het die eerste van die drie toetse gewen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-74-sent teen die dollar, 20-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 116-duisend-435-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-342-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-69-sent per vat.
# En ten slotte: Die Nasionale Seereddingsintituut sê verdrinking bly een van die vernaamste oorsake van kindersterftes in die wêreld, met 236-duisend lewens wat jaarliks verlore gaan. Die NSRI vra met die viering van Wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag vir groter bewustheid en optrede om tragedies te vermy. Die woordvoerder van die NSRI, Andrew Ingram, sê die instituut het reeds meer as vyf-miljoen mense met waterveiligheidsopleiding gehelp en meer as een-duisend-800 pienk reddingsboeie ontplooi, en minstens 221 lewens gered:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….