Nuus 14:00
BULLETIN 24 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Valke doen ‘n klopjag op Prasa se hoofkantoor oor ‘n tender- bedrogskandaal van 18-miljard-rand
# FlySafair se vlugte geleidelik weer op skedule te midde van vlieënierstaking
# En rugby: Skelton, Valetini en Porecki keer terug vir die Wallabies vir die tweede toets teen die Leeus
# Die Valke het skootrekenaars, telefone en dokumente van senior beamptes van die Passasierpooragentskap van Suid-Afrika in beslag geneem as deel van ‘n ondersoek in verband met twee spoorsinjaal-tenders van 18-miljard-rand. Volgens News24 het die klopjag in die hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, die uitvoerende hoof, die hoof finansiële beampte, die hoof van regsdienste en die hoofverkrygingsbeampte geteiken. Die kontrakte word ondersoek oor beweerde onreëlmatighede, insluitend toekennings aan maatskappye wat nie sleutel-voldoeningsvereistes nagekom het nie. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, hersien ‘n verslag oor die saak.
# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy het onmiddellik stappe gedoen na ‘n sekerheidsbreuk op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, waar ‘n passasier met twee oefenhandgranate aan boord van ‘n vlug gegaan het. Die toestelle is eers ontdek met aankoms op die Bole Internasionale Lughawe in Addis Abeba, Ethiopië. Die maatskappy beskuldig ‘n derdeparty-maatskappy, Aviation Coordination Services, vir die voorval en het sy dienste beëindig. ACSA se woordvoerder, Adele Nkomo, sê sekerheidsmaatreëls is op die lughawe verskerp:
FlySafair sê intussen meer as 90-persent van sy geskeduleerde vlugte verloop soos normaal nadat sy vlieëniers sedert Maandag begin staak en groot ontwrigting veroorsaak het. Minstens 26 vlugte is gekanselleer nadat vlieëniers op die nippertjie nie opgedaag het nie. Die hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê onderhandelings met die vakbond Solidariteit hervat môre. Hy benadruk die lugdiens is spyt oor die ontwrigting:
# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane vra die metro om Centurion tot rampgebied te verklaar weens sinkgate. Daar is tans 64 sinkgate in die gebied. Die jongste het Sondag in Lyttelton ontstaan. Die sinkgate kom meestal in dolomitiese grond voor en word hoofsaaklik gevorm as gevolg van water en rioollekkasies. Die VF Plus sê ‘n versoekskrif met drie-duisend-500 handtekeninge is op gister se raadsvergadering voorgelê om te eis dat dit tot ‘n rampgebied verklaar word sodat befondsing van die nasionale en provinsiale regerings se rampfondse verkry kan word.
# Rugby: Drie sleutelspelers, Will Skelton, Rob Valetini en Dave Porecki, is terug in die Wallabies se span vir Saterdag se tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus in Melbourne. Australië hoop om hom self reg te ruk na verlede week se nederlaag van 24-19. Skelton vervang Jeremy Williams wat na die bank skuif, terwyl Valetini vir Nick Champion de Crespigny vervang. Porecki keer terug na harsingskudding om in Matt Faessler se plek te begin. Die afrigter, Joe Schmidt, sê selfvertroue is die sleutel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-59-sent teen die dollar, 20-rand-67-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-227-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-363-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….