Nuus 13:00
BULLETIN 24 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# FlySafair se vlugte geleidelik weer op skedule te midde van vlieënierstaking
# Drie luukse-wonings van die Guptas in Saxonwold word opgeveil
# En rugby: Farrell maak verskeie veranderings aan die Leeus se span vir die tweede toets teen die Wallabies
# FlySafair sê meer as 90-persent van sy geskeduleerde vlugte verloop normaal nadat sy vlieëniers Maandag begin staak en groot ontwrigting veroorsaak het. Minstens 26 vlugte is gekanselleer toe vlieëniers op die nippertjie nie opgedaag het nie. Die hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê onderhandelings met die vakbond Solidariteit hervat môre. Hy benadruk die lugdiens is spyt oor die ontwrigting:
# FNB se landbou-ekonoom, Paul Makube, sê vleis het die grootste invloed op voedselinflasie gehad nadat dit tot ‘n 25-maande hoogtepunt van 6,6-persent teenoor verlede jaar gestyg het, en ‘n 2,2-persent verhoging op ‘n maand-tot-maand basis. Hy sê bek-en-klouseer het ‘n ernstige tekort veroorsaak omdat vee, hoofsaaklik beeste, nie geslag kon word nie, terwyl die vroeëre verbod op hoender-invoere uit Brasilië weens voëlgriep, paniek in die mark veroorsaak het. Makube sê die aanbodbeperkings wat deur die siektes veroorsaak is, het die styging gedurende die laaste drie maande aangevuur.
# Drie luukse herehuise in Saxonwold, Johanesburg, wat met die Gupta-familie verbind word, word vandag opgeveil. Die eiendomme, wat ook met staatskaping verbind word, sal na verwagting minder haal as die gesamentlike munisipale waarde van 64-miljoen-rand. Park Village Auctions hanteer die verkope wat skuld moet delg nadat Atul, Ajay en Rajesh Gupta se firma, Confident Concept, in 2018 bankrot verklaar is. Deposito’s vir die veiling wissel van 250-duisend- tot 500-duisend-rand. Meubels en toestelle sal afsonderlik verkoop word.
Nuus uit die buiteland:
# Hamas sê hy het gereageer op ‘n Israelse voorstel vir ʼn skietstilstand van 60-dae in Gaza, terwyl druk toeneem om die vernietigende konflik van byna twee jaar te beëindig. Bemiddelaars is reeds meer as twee weke lank in Katar se hoofstad, Doha, besig om met Israel en Hamas te onderhandel, maar geen ooreenkoms is nog bereik nie. Internasionale kritiek neem toe oor die lot van meer as twee-miljoen Palestyne in Gaza waar meer as 100 hulp- en menseregte-organisasies waarsku oor massa-hongersnood.
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se hoofafrigter, Andy Farrell, het sewe veranderings aangebring aan die span wat Australië Saterdag pak in die tweede toets in Melbourne. Bundee Aki, Ollie Chessum en Andrew Porter is in die beginspan en vervang Sione Tuipulotu en Joe McCarthy, wat beseer is, en Ellis Genge wat bank toe skuif. Owen Farrell, Jac Morgan, James Ryan en Blair Kinghorn is ook op die bank. Die afrigter sê dis altyd moeilik om ʼn span te kies:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-68-sent teen die euro en 23-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-704-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-364-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….