Nuus 06:00
BULLETIN 24 Julie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement het die Toedelingswetsontwerp aanvaar
# Die DA verwerp Kenny Kunene se betaalde vakansie
# En hulporganisasies waarsku teen massa-hongersnood in Gaza
# Die Nasionale Vergadering het die 2025-2026 Toedelingswetsontwerp goedgekeur. Dit is ‘n deurslaggewende stap in die nasionale begrotingsproses. Die wetsontwerp gee die regering toestemming om openbare fondse vir verskeie departemente en dienste aan te wend. Altesaam 262 parlementslede het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 90 daarteen, insluitend die EFF en die MK-party. Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê as die wetsontwerp nie aanvaar is nie, sou dit verwoestende gevolge gehad het:
# Suid-Afrika kan nie die stryd teen korrupsie wen sonder ‘n sterk onafhanklike regbank nie. Die voormalige hoofregter Raymond Zondo het by die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se Teen-korrupsiekonferensie in Johannesburg ‘n beroep gedoen vir groter onafhanklikheid vir die regbank, institusionele beheer oor begrotings en sterker verteenwoordiging van regters op die Regterlike Dienskommissie. Hy waarsku die huidige struktuur hou die gevaar van regterlike kaping in en hy bepleit grondwetlike hervorming om die integriteit en die doeltreffendheid van howe te beveilig:
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het voorlopige teen-stortingsheffings op bo-laai-wasmasjiene ingestel na ‘n klagte van Defy Appliances. Die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie het bevind daar is aansienlike storting op markte in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie. Heffings wissel van agt-persent tot 13-persent op Chinese invoere en tot 67,1-persent op eenhede uit Thailand. Die Inkomstediens sê die maatreëls is gemik op die beskerming van die plaaslike bedryf terwyl ‘n volledige ondersoek voortduur.
# Die DA doen ‘n beroep op die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, om die burgemeesterskomiteelid vir Vervoer, Kenny Kunene, af te dank. Die party sê Kunene se bande met vermeende moordenaars en sy gedrag plaas die stad se uitvoerende gesag in ‘n slegte lig. Belinda Kayser-Echeozonjoku van die DA dring daarop aan dat die stad se integriteit net gered kan word as Kunene ontslaan word, terwyl etiese en strafregtelike ondersoeke voortduur:
# Meer as 100 internasionale humanitêre organisasies waarsku dat massa-hongersnood in Gaza versprei. Volgens die Verenigde Nasies het Israelse magte meer as een-duisend Palestyne wat voedselhulp probeer kry, se dood veroorsaak sedert die VSA-Israel-gesteunde Gaza Humanitarian Foundation einde Mei met bedrywighede begin het. Die organisasies sê Palestyne is vasgevang in ‘n siklus van hoop en hartseer. Hulle wag vir hulp en skietstilstande, net om te besef die omstandighede het verder verswak. Israel sê humanitêre hulp word in Gaza toegelaat en beskuldig Hamas dat hulle burgerlike lyding uitbuit.
# Netbal: Die Baba Proteas het hulle oog op ‘n top-drie posisie op die Onder-21-Jeug-Wêreldbekertoernooi in Gibraltar, Spanje, vanaf 19 tot 25 September. Die groep van 15 spelers sluit in kaptein Phophi Nematangari, Jade Atkins en Renezia Andrews. Suid-Afrika, wat die Afrika-kwalifisering onoorwonne afgesluit en ‘n reeks-oorwinning oor Jamaika behaal het, speel in groep D teen Trinidad en Tobago, Barbados, Malawi en Fidji. Nematangari is seker haar span sal goed vaar:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-50-sent teen die dollar, 20-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-731-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-389-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-79-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….