Nuus 15:00
BULLETIN 23 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum verwelkom ‘n Amerikaanse wetsontwerp wat korrupte ANC-politici teiken
# Zondo vra volle steun vir die NVG in sy stryd teen korrupsie
# En Lilian Ngoyistraat in Johannesburg is 77-persent voltooi na ‘n ontploffing twee jaar gelede
# AfriForum het die goedkeuring van ‘n wetsontwerp van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se komitee verwelkom wat tot geteikende sanksies teen korrupte Suid-Afrikaanse politici kan lei. Ernst van Zyl van AfriForum sê die Hersieningswet op Amerikaans-Suid-Afrikaanse Bilaterale Betrekkinge van 2025, wat deur die kongreslid Ronny Jackson ingestel is, is daarop gemik om individue aanspreeklik te hou sonder om gewone burgers te straf. Hy het beklemtoon die wetsontwerp volg op toenemende diplomatieke spanning:
# Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, het gevra dat die Nasionale Vervolgingsgesag ten volle toegerus moet wees en sy beleid oor die terugtrekking van korrupsie-aanklagte moet heroorweeg. Hy het op die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se Teen-korrupsie-konferensie in Johannesburg gepraat. Zondo sê die publiek se frustrasie oor die terugtrekking van hoëprofielsake is aan die toeneem. Hy beklemtoon die behoefte aan deursigtigheid om vertroue te herstel en sê die NVG moet verseker dat vertroue in die regstelsel ongeskonde bly:
# Herstelwerk aan Lilian Ngoyistraat in Johannesburg se middestad is 77-persent voltooi na skade as gevolg van ‘n gasontploffing twee jaar gelede. Die Stad Johannesburg het aangekondig die pad sal op 31 Augustus weer oopgestel word ondanks ‘n paar vertragings weens kontrakteursprobleme. Zweli Nyathi van die Johannesburgse Padagentskap het bevestig die meeste van die werk is voltooi, met fase twee wat fokus op die skoonmaak en verfraaiing van die straat.
# Verbruikersprysinflasie het in Junie tot drie-persent gestyg van 2,8-persent in April en Mei. Die styging is hoofsaaklik toe te skryf aan stygende voedselpryse, met voedsel en nie-alkoholiese drankies wat ‘n 15 maande-hoogtepunt van 5,1-persent aangemeld het. Beesvleis is die grootste bydraer met kookvleispryse wat jaarliks met meer as 21-persent gestyg het. Bek- en klouseer raak verskaffing. Ricado Johnson van Statistieke Suid-Afrika sê brandstofpryse daal egter steeds:
# Tennis: Groot name soos Katie Boulter, Sonny Kartal en Emma Raducanu is ingesluit in Groot-Brittanje se span vir die Billie Jean King-trofeekompetisie in China in September. Boulter is 41ste op die wêreldranglys, Kartal 45ste en Raducanu 46ste. Groot-Brittanje kom in die kwarteindronde teen Japan te staan, Amerika speel teen Kazakstan, die verdedigende kampioen, Italië, teen die gasvrouspan, en Spanje teen Oekraïne. Groot-Brittanje het nog nooit die kompetisie gewen nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-54-sent teen die dollar, 20-rand-57-sent teen die euro en 23-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-631-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-427-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 67-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….