Nuus 17:00
BULLETIN 22 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Not In My Name kritiseer die Vervolgingsgesag nadat die aansoek oor duidelikheid oor die Omotoso-saak verwerp word
# Rugby: Die Bulle se nuwe afrigter glo hulle kan die Verenigde Rugbykampioenskap wen
# En groot opwinding nadat Knysna se olifant die eerste keer in ‘n lang tyd gewaar word
# Not-In-My-Name het die Nasionale Vervolgingsgesag veroordeel nadat die Hooggeregshof in Gqeberha sy aansoek verwerp het om duidelikheid oor die onlangse onskuldigbevinding van die Nigeriese tele-evangelis Timothy Omotoso. Hy en sy medebeskuldigdes is vrygespreek op onder meer verkragting en mensehandel. Die groep sê dit het gebeur omdat die NVG versuim het om ‘n sterk saak om die slagoffers te bou. Not-In-My-Name sê dis verwerp as ‘n desperate poging om verleentheid te vermy. Hy het president Cyril Ramaphosa nou gevra om dringend aandag te skenk aan ingewortelde gebreke.
# Die African Transformation Movement sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is onderbefonds en is nie voorbereid om toenemende bedreigings teen te staan nie. Die party sê die ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo het die gevare daarvan blootgelê om swak toegeruste soldate na konflikgebiede te stuur. Hy waarsku teen groeiende bedreigings soos misdaad, terrorisme en onwettige immigrasie. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, sê die regering moet die skuld kry vir die verwaarlosing van nasionale verdediging:
# Die DA veroordeel die besluit van die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om befondsing aan nasionale sportfederasies te verminder. Die party sê dit ondermyn grondvlakontwikkeling en bedreig Suid-Afrika se Olimpiese toekoms. Joe McGluwa van die DA sê die party sal voortgaan met ‘n dringende toesigvergadering in die parlementêre portefeuljekomitee vir Sport, Kuns en Kultuur, waar McKenzie sy besluit moet verduidelik om sportfederasies op grondvlak te wurg:
# Rugby: Die nuut-aangestelde hoofafrigter van die Bulle, Johan Ackermann, glo die unie het die talent om die Verenigde Rugbykampioenskap te wen. Sy voorganger, Jake White, het die span van Pretoria in vier seisoene na drie eindstryde geneem, maar kon nooit die trofee lig nie. Ackermann, wat pas die Junior Springbokke gehelp het om Wêreldrugby se Onder-20 kampioenskap te wen, sê hy wil opwindende, aanvallende rugby speel, positief wees en drieë druk. Hy besef die verwagtings van die unie sowel as die ondersteuners is hoog.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-54-sent teen die dollar, 20-rand-50-sent teen die euro en 23-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 119-duisend-201-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-412-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-90-sent per vat.
# En ten slotte: SANParke sê die Knysna-olifant, wat op ‘n plaas in die Knysna-woud opgemerk is, het opwinding en trots regoor die Tuinroete en elders veroorsaak. Die Knysna-olifant, Loxodonta Africana, is dieselfde spesie wat elders in Suid-Afrika voorkom. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê hulle hou haar al lank met versteekte kameras dop, wat haar teenwoordigheid elke paar weke vasvang sonder om haar natuurlike gedrag te versteur:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….