Eko-minuut 13:30
BULLETIN 22 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# SANParke sê die Knysna-olifant, wat op ‘n plaas in die Knysna-woud opgemerk is, het opwinding en trots regoor die Tuinroete en elders veroorsaak. Die Knysna-olifant, Loxodonta Africana, is dieselfde spesie wat elders in Suid-Afrika voorkom. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê hulle hou haar al lank met versteekte kameras dop, wat haar teenwoordigheid elke paar weke vasvang sonder om haar natuurlike gedrag te versteur:
# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die metro sal voortgaan met sy Plant ‘n Boom-program. Sy sê Suid-Afrika het hom drie jaar gelede verbind om binne vyf jaar vyf-miljoen bome te plant as deel van wêreldwye pogings om koolstofvrystelling te verminder. Moya sê Tshwane se aandeel is om 300-duisend bome te plant en die teiken is om teen Desember vanjaar minstens 30-duisend te plant:
# En ten slotte: Die DA sê ondanks inhegtenisnemings gaan die ongebreidelde stroping van boslelie- en vetplantspesies voort. Verlede week is vier buitelanders tot 15-jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle 303 plante van die ernstig bedreigde Clivia mirabilis in die Namakwa-streek gesteel het. Andrew de Blocq van die DA sê talle bedreigde en ernstig bedreigde plantspesies, insluitend agt Conophytum-spesies, het reeds in die natuur uitgesterf weens stroping en die onwettige handel in skaars plante:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….