Nuus 11:00
BULLETIN 22 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF voel hy is reg bewys oor die afdanking van minister Nkabane oor die SETA-skandaal
# ‘n Betoging vind vandag by Nedlac plaas oor die Wysigingswetsontwerpe op die Arbeidswet
# En president Trump stel inligting vry oor die sluipmoord op Martin Luther King Junior
# Die EFF sê hy is reg bewys met die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, se afdanking. President Cyril Ramaphosa het haar afgedank na omstredenheid oor die aanstelling van raadsvoorsitters vir Sektor-onderwys- en opleidingsowerhede. Buti Manamela is die nuwe minister, en Nomusa Dube-Ncube sy adjunk. Sihle Lonzi van die EFF het aan die SABC gesê die Parlement kan nie gebruik word as ‘n skild om ministers te beskerm nie:
# Lede van die Veldtog om die Wysigingswetsontwerpe op die Arbeidswet te skrap, sal vandag buite die kantore van die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad in Rosebank betoog. Meer as 40 vakbonde, burgerlike samelewingsgroepe en menseregte-organisasies is gekant teen die voorgestelde wysigings aan arbeidswette, wat volgens hulle weerlose werkers van basiese beskerming sal ontneem. Die betogers dring aan op algehele deursigtigheid en die onttrekking van wysigings wat apartheids-gedrewe afdankings terugbring en die werksekerheid van miljoene werkers verswak.
# Die DA in Ekurhuleni sê indien die burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, werklik bekommerd was oor die negatiewe uitwerking wat elektrisiteitstariewe op inwoners sou hê, sou hy tydens die begrotingsproses ingegryp het. Die burgemeester het ná gister se gewelddadige betogings in Tembisa die omstrede maandelikse fooi van 109-rand vir enkelfase- en 203-rand vir driefase-elektrisiteitsverbindings opgeskort terwyl ‘n hersiening plaasvind. Brandon Pretorius van die DA sê die burgemeester het oneerlike antwoorde aan woedende inwoners van Tembisa gegee:
Nou nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie het meer as 200-duisend bladsye met inligting oor die sluipmoord op die menseregte-aktivis Martin Luther King Junior vrygestel. Hy is op 4 April 1968 op 39-jarige leeftyd in Memphis doodgeskiet. Die rekords wat sedert 1977 volgens ʼn hofbevel verseël is, sluit FBI-lêers en leidrade in wat ná King se dood ontvang is. Die vermoorde Nobelpryswenner se familielede, insluitend sy twee kinders, vra diegene wat by die vrystelling van die lêers betrokke is, om dit met empatie, selfbeheersing en respek te doen.
Nou sportnuus:
# Sokker: Die verdedigende kampioen, Banyana Banyana, speel vanaand in Marokko teen Nigerië in die halfeindronde van die Afrikabeker-vrouetoernooi. Suid-Afrika het vroeër vir Ghana, Tanzanië en Mali geklop voordat hulle Senegal in die kwarteindronde met doelskoppe verslaan het om ‘n plek te bespreek in die voorlaaste ronde. Hoofafrigter Desiree Ellis beskryf haar span as veerkragtig en dapper, met ‘n veg-tot-die-dood-toe-houding. Die gasvroue en Ghana speel in die ander halfeindstryd en die eindstryd word Saterdag beslis.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-192-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-384-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 68-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….