Nuus 07:00
BULLETIN 22 Julie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê die afdanking van minister Nkabane is ‘n slag vir ANC-kaderkorrupsie
# Minister Macpherson het die verkiesing van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust-raadslede verwelkom
# En krieket: Suid-Afrika en Nieu-Seeland sal in Harare ontmoet in voorloper tot Saterdag se eindstryd
# Die DA sê die afdanking van die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, volg ná volgehoue druk in die stryd teen die ANC se korrupsie, wandade en misdadigheid. Daar was oproepe dat sy bedank te midde van bewerings dat sy die Parlement mislei het oor die onafhanklikheid van die paneel wat aanbevelings moes maak oor aanstellings op die SETA-rade. Karabo Khakhau van die DA sê president Cyril Ramaphosa se afdanking van Nkabane is ‘n positiewe stap:
RISE Mzansi het intussen Nkabane, se afdanking verwelkom en sê sy was ʼn toonbeeld van politieke verwaandheid. RISE Mzansi se woordvoerder, Mabine Seabe, sê Nkabane het minagting getoon vir wat dit beteken om in die mense van Suid-Afrika se diens te wees:
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die verkiesing van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust se voorsitter en adjunk is ʼn stap om die agentskap reg te ruk. Zimbini Hill is gekies as voorsitter en professor Raymond Nkado as ondervoorsitter. Macpherson sê hulle nuwe mandaat is ʼn bevestiging van die werk wat hulle begin het om bestuur by die agentskap reg te ruk, die lewering van infrastruktuur te verbeter en openbare vertroue in die Ontwikkelingstrust te herstel.
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, het leerders en onderwysers terugverwelkom aan die begin van die derde kwartaal. Hy het ouers gelukgewens wat hulle kinders tydens die wintervakansie besig gehou het. Maynier sê hierdie kwartaal is van die uiterste belang vir matrieks wat voorberei vir hulle rekord-eksamen, en het gevra vir openbare aanmoediging om hulle te steun:
# Die Presidensie het aangekondig president Cyril Ramaphosa gaan volgende maand die negende Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling in Yokohama, Japan, bywoon. Die tema vanjaar is, Mense, die Planeet en Voorspoed in ‘n Veranderende Wêreld, en dit word bygewoon deur meer as 20 Afrika-leiers, internasionale finansiële instellings en bilaterale vennote, insluitend G7, G20, BRICS en filantropiese organisasies. Die konferensie word aangebied deur Japan, die Verenigde Nasies, die Wêreldbank en die Afrika-Unie. Die Presidensie sê dis ‘n belangrike forum vir Afrika-ontwikkeling, ekonomiese hervorming, vernuwing en universele gesondheidsdekking.
# Krieket: Suid-Afrika en Nieu-Seeland kom vandag teen mekaar te staan in Harare, Zimbabwe, voordat hulle Saterdag op dieselfde veld teen mekaar speel in die eindstryd van die driehoekige T20-reeks. Die gasheer is reeds uitgeskakel nadat hulle vroeër twee keer teen die Proteas verloor het, en een keer teen die Swartpette. Nieu-Seeland het Suid-Afrika vroeër in die toernooi met 21-lopies geklop. Die laaste rondomtalie-wedstyd is Donderdag tussen Zimbabwe en Nieu-Seeland.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-62-sent teen die dollar, 20-rand-59-sent teen die euro en 23-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 117-duisend-24-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-391-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-14-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….