Nuus 17:00
BULLETIN 21 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Gupta-gekoppelde beskuldigdes se saak gaan voort nadat die hof weier om aanklagte terug te trek
# Ace Magashule beskryf die kabinet as ‘n regering van nasionale verraad
# En SA Rugby vra die sake-sektor en geesdriftiges om alle vlakke van die spel te ondersteun
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het verskeie beskuldigdes in ‘n staatskaping-korrupsiesaak se aansoek geweier om die aanklagte teen hulle kragtens die Strafproseswet terug te trek. Die saak behels die voormalige adjunk-direkteur-generaal van Minerale Hulpbronne, Joel Raphela, Ronica Ragavan, Pushpaveni Govender en die Gupta-gekoppelde maatskappye Optimum-steenkoolmyn en Tegeta Exploration and Resources. Hulle staan tereg op 11 aanklagte, insluitend bedrog, geldwassery en omgewingsoortredings. Die woordvoerder van die Ondersoekende Direktoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die saak is tot Mei volgende jaar uitgestel wanneer die verdediging na verwagting getuies sal roep.
# Die leier van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sê Suid-Afrikaners het vertroue in president Cyril Ramaphosa se administrasie verloor, en dit ‘n regering van nasionale verraad genoem. Magashule beweer dat die Nasionale Vervolgingsgesag deur interne en eksterne magte geïnfiltreer is, wat optrede teen hoëvlak-korrupsie belemmer. Hy het die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, verdedig, en burgers aangemoedig om aan vreedsame optogte vir geregtigheid deel te neem:
# Die African Transformation Movement sê diegene wat verantwoordelik was vir die instorting van die gebou in George in die Wes-Kaap moet strafregtelik vervolg word. Dit volg op ‘n verdoemende verslag waarin uitgewys word daar was nalatigheid, substandaard-boumateriaal is gebruik en veiligheidswaarskuwings is ignoreer. Dit het gelei tot die dood van 34 werkers. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die tragedie weerspieël die kultuur van straffeloosheid in die boubedryf, en vra dringende hervorming, strenger veiligheidswette en volledige ondersteuning vir die slagoffers se gesinne:
Nou nuus uit die buiteland:
# Pous Leo het telefonies met die president van die Palestynse Owerheid, Mahmoed Abbas, gepraat, oor die konflik in Gaza en geweld aan die Wesoewer. Dit was die eerste amptelike gesprek tussen die twee sedert Leo tot pous verkies is. Die Vatikaan sê die pous het die dringendheid beklemtoon om hulp aan die kwesbaarstes te verleen. Die gesprek het gevolg na Vrydag se oproep tussen die pous en die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, ‘n dag na ‘n Israelse aanval op Gaza se enigste Katolieke Kerk waarin drie mense dood is.
Nou sportnuus:
# Die president van SA Rugby, Mark Alexander, het ‘n beroep op die sake-sektor en geesdriftiges gedoen om alle vlakke van rugby te ondersteun. Hy het gepraat tydens die Junior Bokke se terugkeer na Suid-Afrika nadat hulle die naweek die Onder-20 Wêreldkampioenskap in Italië ingepalm het. Alexander het die afrigters, spelers en personeel geprys. Hy vra dieselfde ondersteuning vir die Springbok vroue-span terwyl hulle voorberei vir die Wêreldbekertoernooi later vanjaar in Engeland:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-66-sent teen die euro en 23-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-253-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-387-dollar-92-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….