Nuus 15:00
BULLETIN 21 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Regering gaan in plattelandse slagpale belê om siektebeheer te bevorder te midde van bek-en-klouseer
# Jong Kaapse sokkerspelers is in Spanje gestrand nadat hulle akademie eenrigting-vliegkaartjies koop
# En Malusi Gigaba en Mmusi Maimane bekom doktorsgrade van die Universiteit van Johannesburg
# Die regering beplan om in plattelandse slagpale en dieregesondheidsnavorsing te belê om siektebeheer te bevorder en die vee-ekonomie te versterk. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die aankondiging gedoen op die bek-en-klouseer-indaba in Roodeplaat, Pretoria, waar hy die verouderde reaksiestelsels en vertragings in entstofvervaardiging gekritiseer het. Hy sê die nuwe beleggings in plattelandse slagpale en voerkrale, veral in Limpopo, Mpumalanga, en KwaZulu-Natal, sal help om die onwettige beweging van vee te verminder en wetstoepassing te bevorder:
# Meer as 20 jong Kaapstadse sokkerspelers is in Spanje gestrand nadat hulle aan die Donosti-bekerkompetisie deelgeneem en die BT Sokker-akademie versuim het om retoerkaartjies te koop. Die groep het op 6 Julie vertrek en sou reeds verlede week Woensdag terugkeer. Die akademie wys op vertragings met visums en die gebrek aan ondersteuning van die regering. Ouers het duisende rand bestee om hulle kinders op die toer te stuur. Skole in die Wes-Kaap heropen môre en besorgde ouers wag op ‘n dringende oplossing.
# Gauteng se aanlyn toelatingsaansoeke vir graad 1 en graad agt vir volgende jaar begin oor drie dae en die provinsiale Onderwysdepartement het nog nie die lys van 81 streeks-instapsentrums verskaf om ouers sonder internettoegang te help om hul kinders te registreer nie. Sergio Isa dos Santos van die DA vra die departement om ‘n omvattende lys te publiseer, insluitend bedryfsure, en te verseker dat dit oop sal wees wanneer die aansoekproses begin:
# Tennis: Die Amerikaanse veteraan Venus Williams beplan om hierdie week in die DC Ope in Washington terug te keer na ‘n afwesigheid van 16-maande. Die 45-jarige wenner van sewe Grand Slam-toernooie is as promotorskeuse ingesluit in die toernooi wat as voorbereiding dien vir volgende maand se Amerikaanse Ope in New York. Sy het verlede jaar ‘n ernstige gesondheidsprobleem oorkom. Williams speel in die eerste ronde teen haar jong landgenoot, Payton Stearns. Williams sê sy wil die oomblik geniet en nie te veel druk op haarself plaas nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-66-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-512-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-371-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-58-sent per vat.
# En ten slotte: Die parlementslede Malusi Gigaba en die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, het vanoggend albei doktorsgrade in Openbare Bestuur en Regering aan die Universiteit van Johannesburg ontvang. Hulle is onder tweeduisend-163 gegradueerdes wat vereer is tydens vanjaar se wintergradeplegtigheid op die Kingsway-kampus in Aucklandpark. Die universiteit het hulle geloof vir hul toewyding aan lewenslange studie asook die balansering van politiek en die akademie. Honderd-94 doktorsgrade is toegeken.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….