Nuus 13:00
BULLETIN 19 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika veroordeel Israel se aanvalle op Damaskus
# Eskom sê sy stelsel sal bestendig bly
# En ‘n ma en baba kom om in ‘n huisbrand in eThekwini
# Suid-Afrika het Israel se jongste aanvalle op die Siriese hoofstad Damaskus sterk veroordeel en sê die lugaanvalle naby die presidensiële paleis is ‘n blatante skending van die land se territoriale integriteit en internasionale reg. Die woordvoerder van die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê Israel se aankondiging dat hulle sal aanhou om Siriese gebied suid van die hoofstad Damaskus te beset, is ‘n ernstige bedreiging vir Sirië se soewereiniteit:
# Eskom sê met 44 dae van sy vooruitsig op die winter wat oorbly, is die stelsel steeds goed geplaas om bestendigheid te handhaaf en doeltreffend aan die vraag te voldoen. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die volgehoue prestasie is grootliks te danke aan voortdurende strukturele verbeterings in opwekkingsvermoë. Sedert 15 Mei vanjaar was daar geen beurtkrag nie, met slegs 26 uur wat tussen 1 April en 17 Julie ingestel is:
# ‘n Ma en haar 18-maande oue baba is dood toe hul huis vroeg vanoggend in die Kennedy Road-informele nedersetting in eThekwini aan die brand geslaan het. Die stad se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê eThekwini Munisipaliteit se Brand- en Nooddienste, sowel as rampbestuurspanne, het kort na middernag vinnig op die verwoestende brand gereageer. Sy sê noodpersoneel het onvermoeid gewerk om die brand te blus:
# Vyf verdagtes sal na verwagting Maandag in die Sekhukhune-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die beweerde ontvoering van ‘n 43-jarige Ugandese vrou. Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die slagoffer is Dinsdag deur die verdagtes met ‘n vuurwapen gedreig en ontvoer toe sy deur die Atok-nedersetting gereis het. Hy sê die verdagtes het ‘n familielid van die slagoffer gekontak en ‘n aansienlike losprys geëis:
# Sokker: Nigerië het gister maklik deurgedring tot die halfeindronde van die Afrikabeker-vrouetoernooi met ‘n oortuigende 5-0 oorwinning oor een van die toernooigunstelinge, Zambië in Casablanca. Doele deur Osinachi Ohale, Esther Okoronkwo, Chinwendu Ihezuo, Oluwatosin Demehin en Folashade Ijamilusi het die indrukwekkende vertoning deur die Super Falcons afgesluit. Hulle sal nou Dinsdag teen die wenner van vandag se vierde kwarteindstryd tussen Suid-Afrika en Senegal in Casablanca uitdraf, vir ‘n plek in die eindstryd in Rabat op 26 Julie.
# En rugby: ‘n Plek in die span om in die opkomende Rugbykampioenskapsreeks te speel, behoort meer as genoeg motivering wees vir die Springbokke wanneer hulle vanmiddag teen die laaggekeurde Georgië in Mbombela, Mpumalanga, speel. Dit is die Springbokke se finale voorbereidingwedstryd voor hulle op 16 Augustus op Ellis Park hul titel begin verdedig. Die Wallabies is nie op die oomblik ‘n krag in wêreldrugby nie, maar hulle toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus sal hulle ‘n groter uitdaging maak as die teenstanders wat die Springbokke tot dusver hierdie seisoen gehad het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….