Eko-minuut 13:30
BULLETIN 18 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings verwelkom die komende publikasie van die kennisgewing wat ‘n verbod plaas op nuwe teelgeriewe vir leeus in gevangenskap. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het vroeër die week vordering aangekondig met die publikasie van die kennisgewing. Dit sal gevaarlike teelpraktyke verbied en dierewelsyn bevorder. Die DBV sê hierdie langverwagte hervorming is ʼn belangrike mylpaal na jare lange regsoptrede en openbare druk om ʼn bedryf te beëindig wat op wreedheid gevestig is.
# ‘n Plaaslike gemeenskap in Limpopo het voorstelle verwerp vir ʼn ferrochroom- en allooismeltery in die omstrede Musina-Makhado-spesiale ekonomiese sone. Hulle is bekommerd dat die projek waterbronne en kultureel-belangrike inheemse bome sal vernietig en gevaarlike lugbesoedeling sal veroorsaak. Thabo Sibeko van Earthlife Africa sê ondanks omgewingsbeskerming het amptenare voortgegaan met ʼn omgewingstudie:
# En ‘n wêreldwye studie het bevind mense wat uiterste weerstoestande aan klimaatsverandering koppel, is meer geneig om klimaatsbeleide te ondersteun. Die navorsing betrek 68 lande en is in Nature Climate Change gepubliseer. Sterk steun is getoon vir die beskerming van woude en die gebruik van volhoubare energie, terwyl koolstof-belastingmaatreëls die ongewildste was. Die studie toon ervaring en geloof in klimaatsverandering beïnvloed openbare steun, veral in Afrika en Asië. Navorsers bepleit beter kommunikasie oor die klimaat om beleidsondersteuning te versterk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….