Nuus 08:00
BULLETIN 18 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkpresident Mashatile beklemtoon die belangrikheid van ons betrekkinge met China
# Die staatsdiensvakbond sê die 30-persent-tarief is ‘n bedreiging vir sleutelsektore
# En Donald Trump onderneem om die Wall Street Journal te dagvaar oor ‘n vals Epstein-brief
# Adjunkpresident Paul Mashatile het Suid-Afrika en China se verbintenis bevestig om samewerking ter ondersteuning van inklusiewe ekonomiese groei en volhoubare ontwikkeling te bevorder. Hy is op ‘n werksbesoek aan China om bilaterale betrekkinge en ekonomiese samewerking tussen die twee lande te versterk. Mashatile sê die verhouding baat albei lande deur groter handel en belegging, maar daar is knelpunte, soos ʼn voortgesette handelstekort in China se guns:
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die komende tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse produkte wat na Amerika uitgevoer word, hou ʼn duidelike en onmiddellike gevaar in vir belangrike sektore soos voertuigvervaardiging en landbou. President Cyril Ramaphosa het bevestig diplomatieke onderhandelinge word met Amerika gevoer om die tarief te verminder, spanning te verlig en marktoegang vir die land se uitvoerders te behou. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naiker, sê dis belangrik dat die land sterk en bestendige handelsbande met Amerika het:
# Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê die provinsie sal sy volle samewerking gee aan die kommissie van ondersoek na beweerde politieke inmenging by polisie-ondersoeke. KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, beweer daar was ʼn dwelmsindikaat in Gauteng bedrywig wat bande het met die metropolisie in munisipaliteite, aanklaers en politici. Lesufi het aan die SABC gesê hy is beskikbaar as die kommissie hom nodig het, om seker te maak alles moontlik word gedoen:
# President Donald Trump van Amerika wil The Wall Street Journal, sy moedermaatskappy News Corp en die maatskappy se voorsitter, Rupert Murdoch, dagvaar. Dit volg nadat die Journal berig het ʼn versameling briewe aan die seksoortreder, Jeffrey Epstein, vir sy 50ste verjaarsdag in 2003 bevat ʼn nota met Trump se naam op en ʼn lyntekening van ʼn naakte vrou. Trump het op Truth Social gesê hy het die koerant en Murdoch gewaarsku die brief is vals, maar hulle het voortgegaan met die vals, kwaadwillige en lasterlike storie.
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Christiaan Bezuidenhout is een van vyf voorlopers na ʼn aanvangsronde van vier onder 67 by die 153ste Ope by Royal Portrush in Noord-Ierland. Saam met hom is Matt Fitzpatrick van Engeland, die Amerikaner Harris English, die Deen Jacob Skov Olesen en Haotong Li van China. Die wêreld-nommer-een Scottie Scheffler van Amerika is een hou agter saam met Matthew Jordan en Tyrrell Hatton van Engeland. Rory McIlroy is drie houe agter in sy poging om ʼn geskiedkundige oorwinning in op tuisbodem te behaal.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-79-sent teen die dollar, 20-rand-69-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 120-duisend-146-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-335-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-66-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….