Nuus 15:00
BULLETIN 17 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA vergelyk die moordkrisis in Suid-Afrika met oorlogstyd
# Rugby: Twee Skotte gaan eers vir hulle land speel voor hulle by die Leeus aansluit
# En die Harry Potter-aktrise Emma Watson word verbied om te bestuur na haar spoed-oortreding
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy nie die land se moordkrisis aanpak nie. Maimane het in die Parlement die meer as 26-duisend moorde van verlede jaar vergelyk met ‘n oorlogsone. Hy vra Ramaphosa om beslissende stappe te doen. Maimane beklemtoon onmiddellike optrede word benodig, veral ná die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu:
# Die DA sê hy sal seker maak landelike veiligheids-hervormings word ingestel ondanks weerstand van die Vryheidsfront Plus. Die party het die VF Plus, die EFF en MK-party gekritiseer omdat hulle teen ‘n belangrike parlementêre verslag gestem het wat plaasaanvalle en landelike misdaad aanpak. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê hoewel die Parlement die verslag aangeneem het, sal daar nie toegelaat word dat politiekery die pogings ontspoor om landelike gemeenskappe te beveilig nie:
# Kaapstad se burgemeester, sê die Suid-Afrikaanse Eiendoms-eienaarsvereniging se poging om die metro se pro-arm- begroting te keer, is daarop gemik om hul eie gevestigde belange te beskerm en hulle eie winste bo die belange van die stad se inwoners te stel. Hill-Lewis het verwys na die vereniging se hangende Hooggeregshofaansoek vir ‘n hersiening van die stad se besluit om sekere vaste koste met eiendomswaarde te verbind:
# Rugby: Dit gaan ‘n besige paar dae wees vir twee Skotse spelers wat eers hul land gaan verteenwoordig voor hulle in Australië by die Britse en Ierse Leeus aansluit. Die loskopstut Rory Sutherland en die haker Ewan Ashman is in Gregor Townsend se groep ingesluit vir môre se toets teen Samoa in Auckland, Nieu-Seeland, waarna hulle na Melbourne sal reis waar die Leeus Dinsdag teen die Eerste Nasies-Pasifika-span speel. Townsend het sy span versterk met vyf nuwe spelers in die opdraf-vyftiental na verlede naweek se nederlaag teen Fidji.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-91-sent teen die dollar, 20-rand-74-sent teen die euro en 23-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-186-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-325-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-90-sent per vat.
# En laastens, die Britse aktrise Emma Watson is vir ses maande verbied om te bestuur nadat sy die spoedgrens oortree het. Watson het die rol van Hermione Granger in die Harry Potter-rolprente vertolk. Sy het net oor 60-kilometer per uur gery in ‘n 50-kilometer-sone, maar reeds nege strafpunte op haar rybewys gehad. Die 35-jarige, wat sedert 2023 studeer vir ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Oxford-universiteit, moes boonop ‘n boete van 25-duisend-rand betaal. Sy en haar broer het in 2023 ‘n volhoubare jenewer-handelsmerk bekendgestel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….