Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die hernubare-energiemaatskappy Scatec glo fotovoltaïese sonkrag se geïnstalleerde energievermoë sal teen 2027 dié van steenkool verbysteek om die grootste kragbron ter wêreld te word. Die maatskappy se projekte in Kenhardt in die Noord-Kaap alleen het ‘n gesamentlike kapasiteit van 540 megawatt in sonkragproduksie en een-duisend-140 megawatt-ure in batterye geberg. Scatec sê hy sien eksponensiële groei in fotovoltaïese installasies in Suid-Afrika. Hy voeg by die tegnologie kry voorkeur, en is vinniger en meer kostedoeltreffend. Dit is ook ʼn skoner alternatief vir tradisionele steenkool-gebaseerde bronne.
# Die Malawiese Departement van Rampbestuursake sê ongeveer 14 van die rade is sedert die aanvang van die 2023/24-reënseisoen getref deur rampe, insluitend stormreën, sterk wind en weerlig. Volgens die departement het die algehele huishoudings wat geraak is toegeneem van 961 verlede maand tot vier-duisend-751 gister, wat ongeveer 21-duisend-379 mense raak. Die departement het ook vyf sterftes en 46 beserings aangeteken. Die departement het ‘n beroep op die publiek gedoen om meer bome rondom hul persele te plant om as buffersones te dien teen sterk wind en stormagtige reën in die toekoms.
# En laastens: Die grootste manlike voorbeeld van die wêreld se giftigste spinnekop, die dodelike Sydney-tregterspinnekop, is noord van Sydney in Australië gevind. Hercules, soos hy genoem word, woon nou in die Australiese Reptielpark, waar hy sal deelneem aan die teengifprogram. Spinnekopkenners van die park het hom gevind en vinnig besef dit is die grootste mannetjie wat al ooit in Australië ontdek is. Hy is 7,9-sentimeter lank. Sydney-tregterspinnekoppe het kragtige slagtande wat ‘n menslike vingernael kan deurboor en is normaalweg tussen een en vyf sentimeter lank.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….