Nuus 09:00
BULLETIN 16 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Zane Dangor sê Gaza is ‘n ongekende humanitêre ramp
# ‘n Verslag toon dat Suid-Afrika se produktiwiteit in die staatsdiens moet verbeter
# Die Republikeinse speaker van die Huis wil ook die vrystelling van die Epstein-lêers hê
# Die direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê Israel het al te lank blatant die bevele van die Internasionale Geregshof blatant geïgnoreer in stryd met internasionale reg. Hy het die Noodkonferensie van die Haagse Groep in Colombië toegespreek om die volksmoord in Gaza te stop. Dangor sê Israel gaan voort met sy geweld teen Palestyne, met gedwonge ontruimings en geteikende aanvalle op skole en mediese fasiliteite aan die orde van die dag. Hy sê dit is ‘n ongekende humanitêre ramp:
# Daar is groot gapings in die Suid-Afrikaanse staatsdiens se produktiwiteit as dit met lande soos Kanada, Singapoer en Rwanda vergelyk word. Dis volgens ‘n verslag met die titel “Productivity as a Frontier in the South African Public Service”. Die verslag lig positiewe en negatiewe elemente in die land se staatsdienswetgewing uit en beklemtoon die behoefte aan omvattende en samehangende beleidshervorming. Die minister van Staatsdiens en Administrasie, Mzamo Buthelezi, sê hierdie verslag is ʼn oproep om produktiwiteit in die staatsdiens te verbeter.
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement het die misleidende aantygings van Jack Bloom van die DA veroordeel dat pasiënte by die Bheki Mlangeni-hospitaal al twee maande lank op plastiekmatrasbedekkings slaap. Bloom beweer hy het talle klagtes van mense by die hospitaal ontvang. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê in teenstelling met die bewerings wat gemaak word, het die hospitaal tans genoeg skoon linne in sy pakhuis om aan al die behoeftes van sale te voldoen:
# Die Republikeinse Speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson, het hom by oproepe aangesluit dat die Departement van Justisie dokumente wat verband hou met die onteerde finansier Jeffrey Epstein, openbaar gemaak moet word. Die Aanklaer-generaal Pam Bondi gesê daar is geen bewyse dat Epstein ‘n kliëntelys gehou het of invloedryke mense afpers nie. Dit is ondanks die feit dat Bondi vroeër vanjaar aan Fox News gesê het Epstein se kliëntelys is op haar lessenaar om te hersien. Johnson sê Amerikaners wil deursigtigheid hê:
# Krieket: Die president van die Wes-Indiese Eilande se beheerliggaam, Kishore Shallow, vra ‘n noodvergadering van voormalige ster-spelers nadat die span vir slegs 27 lopies uitgeboul is in die derde toets teen Australië. Die snelbouler Mitchell Starc het ses paaltjies vir nege lopies geneem en die Windies is op Sabinapark met 176-lopies verslaan. Die gasheer het die laagste toetstelling ooit van 26 lopies wat Nieu-Seeland in 1955 opgestel is, met slegs een lopie vrygespring. Shallow sê daar sal ’n ondersoek wees om die treurige reeksnederlaag van 3-0 te evalueer.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-76-sent teen die euro en 23-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 117-duisend-447-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-333-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….