Nuus 12:00
BULLETIN 14 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa verbied minister Nkabane se reis na China te midde van die SETA-debakel
# Die MK-party win ‘n regsmening in oor professor Cachalia se aanstelling as waarnemende minister van Polisie
# En ‘n vrou verskyn die eerste keer in die hof in verband met Jayden-Lee Meek se moord
# President Cyril Ramaphosa het die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, verbied om na China te reis. Dit volg na die omstredenheid rondom haar aanstelling van individue met ANC-bande op rade van die Sektor-onderwys- en opleidingsowerheid. Nkabane sou by adjunkpresident Paul Mashatile aansluit vir die weeklange internasionale aanbodketting-uitstalling wat vandag begin. Direkteur-generaal Nkosinathi Sishi verteenwoordig nou haar departement. Dit volg na parlementêre druk deur die DA omdat sy na bewering onder eed gelieg het.
Die MK-party win intussen ‘n regsmening in oor Ramaphosa se besluit om professor Firoz Cachalia as waarnemende minister van Polisie aan te stel. Dit volg nadat hy minister Senzo Mchunu op spesiale verlof geplaas het hangende die uitslag van ‘n kommissie van ondersoek na die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. MK se nasionale woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, het aan eNCA gesê die aanstelling van Cachalia, wat nie ‘n lid van die kabinet of die Parlement is nie, skend die Grondwet:
# ‘n Een-en-dertigjarige vrou wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die 11-jarige Jayden-Lee Meek, sal na verwagting vandag haar eerste verskyning in die Roodepoortse Landdroshof in Gauteng maak. Jayden-Lee se liggaam is op 14 Mei op die drumpel van sy gesin se tuiste in Fleurhof ontdek met veelvuldige kneusplekke. Sy dood het wydverspreide verontwaardiging in die plaaslike gemeenskap uitgelok. Die gemeenskapsaktivis Althea Cluff sê die inhegtenisneming het gelei tot gemengde emosies van verligting en hernude hartseer vir die gesin en die gemeenskap as geheel.
# Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die invoer van enige hoenderprodukte uit Brasilië. Dit volg nadat die regering die verbod op die invoer van pluimveeprodukte uit die Suid-Amerikaanse land gedeeltelik opgehef het. Die Departement van Landbou laat nou invoere toe uit alle Brasiliaanse provinsies, behalwe Rio Grande do Sul, waar voëlgriep voorgekom het. Bennie van Zyl van TLU SA sê streng biosekerheidmaatreëls moet ingestel word:
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus het Ierland en Leinster se vaskopstut, Tom Clarkson, as ekstra voorspeler opgeroep vir Saterdag se eerste toets teen Australië. Die 25-jarige speler se teenwoordigheid verhoog die Ierse deel van die toergroep tot 18. Clarkson se Ierse spanmaat, die veelsydige agterspeler Jamie Osborne, het reeds in Brisbane by die groep aangeslulit nadat hy van Portugal opgeroep is in die plek van Blair Kinghorn, wat sy knie beseer het. Engeland en Saracens se haker, Jamie George, is ook opgeroep.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-90-sent teen die euro en 24-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 122-duisend-356-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-369-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 70-dollar-30-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….