Nuus 09:00
BULLETIN 14 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê minister Mchunu moes afgedank word
# Vier verdagtes word deur die polisie doodgeskiet in ’n geveg in Johannesburg
# En Oekraïne maak Russiese agente dood wat ‘n intelligensiebeampte vermoor het
# Die EFF kritiseer president Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas en sê dis lafhartig en om die minister te beskerm. Die president se besluit volg na die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings teen die minister, polisiebeamptes en ander staatsamptenare. Die EFF sê hierdie besluit laat Mchunu toe om ‘n volle ministeriële salaris te ontvang terwyl Ramaphosa die kabinet onwettig oorlaai met iemand wat nie wetlik bevoeg is om die rol te vervul nie.
ActionSA sê ook die regering se versuim het gelei tot ‘n eskalering van die verrotting in die SAPD en het die integriteit van wetstoepassingsleierskap ondergrawe. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê die minister van Polisie Senzo Mchunu se spesiale verlof kom effektief op ‘n betaalde vakansie neer:
# Vier verdagtes is gister dood in ʼn skietgeveg met die polisie in Riverlea, Johannesburg. Gauteng se polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê hulle het inligting ontvang oor ʼn beplande sakeroof by ʼn winkelsentrum. Sy sê toe die polisielede die verdagtes wou voorkeer, het ʼn skietery uitgebreek. Sibeko sê drie verdagtes is noodlottig gewond en paramedici het ʼn vierde op die toneel dood verklaar, al het hy geen sigbare beserings gehad nie:
# Die Oekraïne se Veiligheidsdiens het erken dat hy gister agente van Rusland se Federale Veiligheidsdiens doodgemaak het, wat daarvan verdink word dat hulle ‘n senior Oekraïnse intelligensie-offisier vermoor het. Kolonel Ivan Voronych is verlede Donderdag verskeie kere in ‘n parkeerterrein in Kyiv geskiet, in wat owerhede sê ‘n oënskynlike sluipmoord was. Volgens berigte was Voronych betrokke by geheime operasies in Russies-besette gebiede van Oekraïne. Die Oekraïne-veiligheidsdiens sê die agente is opgespoor en doodgeskiet nadat hulle teen inhegtenisneming weerstand gebied het.
# Gholf: Die wêreld se nommer 158, Chris Gotterup, het Rory McIlroy ‘n tweede Skotse Ope-titel ontsê. Die Amerikaner het die finale ronde met 66 afgesluit om met twee houe te wen – die grootste oorwinnng van sy loopbaan. McIlroy deel die tweede plek met Marco Penge van Engeland. Nicolai Højgaard van Denemarke, saam met Gotterup, het ‘n vierde plek verseker in volgende week se Ope-kampioenskap met ‘n telling van 64. Gotterup sê hy het dit geniet om teen McIlory te speel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-94-sent teen die dollar, 20-rand-95-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 121-duisend-3-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-355-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-79-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….