Nuus 13:00
BULLETIN 12 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa onthou Mabuza as ‘n persoon wat mense byeen bring
# Die African Transformation Movement wil Suid-Afrika se naam steeds na Azania verander
# En die voorlopige Air India-ongelukverslag toon verwarring onder die vlieëniers
# President Cyril Ramaphosa het oud-adjunkpresident David Mabuza onthou as ‘n persoon wat die ANC, die Mpumalanga-provinsie en die land verenig het. Mabuza het die voorsittersposisie van die ANC in Mpumalanga vir drie termyne beklee. Ramaphosa het vanoggend by sy begrafnis in Mbombela teruggekyk na hul gesamentlike pogings in 2017 om ANC-eenheid te bou en te konsolideer, en gesê Mabuza het moeite gedoen om alle kante te verenig:
Mabuza se seun, David Junior Mabuza, onthou hom as ‘n gedissiplineerde en doelgerigte pa:
# Die African Transformation Movement het voorgestel dat Suid-Afrika na Azania hernoem word en dit ‘n kragdadige stap vir dekolonisasie en kulturele herwinning genoem. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê Suid-Afrika kort ‘n unieke identiteit, aangesien dit ‘n geografiese etiket dra is wat deur ‘n koloniale bewind opgelê is. Ntshona sê Azania is gewortel in antieke Afrika-geskiedenis, en verteenwoordig eenheid, erfenis en bevryding. Hy sê die party glo die verandering sal die inheemse identiteit en voorouers eer, terwyl dit imperialistiese nalatenskappe verwerp:
# Die LUR vir die Departement van Gesondheid in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het die nuut-aangestelde raadslede by 34 openbare hospitale regoor die provinsie verwelkom. Sy het die meer as een-duisend-500 aansoekers by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal, bedank vir hulle bereidwilligheid om te dien. Die rade mik daarna om bestuur en gemeenskapvertroue te versterk. Nkomo-Ralehoko sê hulle sal help om dienslewerings- en litigasiekwessies aan te spreek. Die nuwe termyn duur tot Maart 2028:
# ‘n Voorlopige verslag dui op verwarring in die kajuit kort voordat ‘n Air India-straler verlede maand neergestort en die lewens van 260 aanboord geëis het. Volgens ondersoekbeamptes van Indië se Vliegtuigongeluk-ondersoekburo het die vliegtuig se brandstof-afsnyskakelaars amper gelyktydig uitgeskakel, wat die brandstof na die enjins kort na opstyging afgesny het. Die verslag sê nie hoe die skakelaars kon oorskakel nie. Volgens die verslag het een vlieënier op die kajuit-stemopnemer gevra hoekom die brandstof afgesny is. Die ander vlieënier het gesê dat hy dit nie gedoen het nie.
# Tennis: Vir beide die agtste-gekeurde Iga Swiatek van Pole en die dertiende-gekeurde Amanda Anisimova van die VSA, sal dit vandag hul eerste eindstryd by Wimbledon wees. Anisimova het nog nooit tevore ‘n Grand Slam-eindstryd op enige oppervlak gespeel nie, en hoewel Swiatek al voorheen in vyf Grand Slam-eindstryde was, kon sy slegs die kwarteindronde by Wimbledon haal. As die 23-jarige Anisimova wen, sal sy die jongste Amerikaner wees sedert Williams in 2003. As Swiatek die wenner is, sal sy die eerste Pool – man of vrou – wees om ‘n Wimbledon-enkelspeltitel in die Ope-era te wen.
# En ten slotte: Twee leeumannetjies uit die Twee Rivieren-gedeelte in Kgalagadi is in die Addo-olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap vrygelaat, na weke van akklimatisering in ‘n boma. Hul aankoms volg kort na die onlangse bekendstelling van twee leeuwyfies uit die !Khamab-reservaat, wat genetiese diversiteit ‘n hupstoot sal gee. Dit bring die totale aantal leeus by Addo op nege te staan. Intussen is twee ouer mannetjies, Niklaas en Witwarm, na die Berg-sebra Nasionale Park, ook in die Oos-Kaap, verskuif waar hulle vrygelaat sal word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….