Nuus 09:00
BULLETIN 10 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Al Jama-ah verwelkom die ondersteuning vir Suid-Afrika se saak teen Israel
# Die UDM steun oproepe vir Blade Nzimande se bedanking
# En, die EFF in Gauteng veroordeel die afdanking van Gold One-mynwerkers
# Die Al Jama-ah Party het die Organisasie van Islamitiese Samewerking se ondersteuning vir Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Geregshof verwelkom. Die hof begin môre met die verhoor waarin Suid-Afrika Israel van volksmoord in Gaza beskuldig. Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, sê die organisasie se ondersteuning skep ‘n presedent vir ander regerings wat nog nie hulle ondersteuning aan hierdie regspoging toegewys het nie:
# Die UDM het sy steun toegesê aan oproepe vir die bedanking van die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, ná korrupsiebewerings. Nzimande ontken die beskuldigings van die Organisasie teen Belastingmisbruik, wat opnames vrygestel het wat daarop dui hy en NSFAS se voorsitter, Ernest Khoza, het gunslone versoek. Die nie-winsgewende organisasie beweer daar was ‘n betaling van een-miljoen-rand aan Nzimande se party, die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê Nzimande se ontkenning van die bewerings verbaas hom nie:
# Die EFF in Gauteng sê hy veroordeel ten sterkste die haastige, onverdiende en ongeregverdigde afdanking van meer as 400 werkers by Gold One-myn. Die afdanking volg ná hulle betrokkenheid by die ondergrondse sitstakings laat verlede jaar by die myn se bedrywighede in Springs, Ekurhuleni. Die EFF sê Gold One-myn, soos talle ander mynmaatskappye, toon arrogansie want hy geniet mag oor werkers en word byna nooit deur die regering gereguleer nie.
# Ecuador se president Daniel Noboa het ʼn interne gewapende konflik verklaar te midde van ʼn reeks gekoördineerde aanvalle reg oor die Suid-Amerikaanse land. Dit volg nadat gemaskerde, gewapende mans die TC Television-netwerk se ateljee in Ecuador se grootste stad, Guayaquil, tydens ʼn regstreekse uitsending bestorm het. Kykers het gesien hoe die personeel gedwing word om op die ateljee se vloer te gaan lê terwyl ʼn geskree en skote in die agtergrond gehoor word. Die polisiebevelvoerder César Zapata sê 13 mense is gearresteer en voeg by, hulle optrede moet as ʼn daad van terrorisme beskou word.
# Sokker: Middlesbrough het Chelsea met een-nul verslaan in die eerste deel van hulle Carabao-beker-halfeindronde op die Riverside-stadion. Hayden Hackney se doel in die eerste helfte was genoeg om ʼn oorwinning vir die Kampioenskap-span te verseker wat nou ʼn geringe voorsprong het in die tweede deel wat op die 23ste by Stamford Bridge plaasvind. Middlesbrough se bestuurder, Michael Carrick, sê die klub se oorwinning oor ʼn topspan soos Chelsea is baie spesiaal:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-66-sent teen die dollar, 20-rand-41-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-31-dollar-9-sent. Die prys van goud is twee-duisend-29-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-86-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….