Nuus 09:00
BULLETIN 12 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sal Maandag besin oor Mkhwanazi se bewerings
# Eskom bevestig hulle is gereed om die spitstydaanvraag gedurende die winter te bestuur
# En rugby: Die Australië-Nieu-Seelandse span sal vir opwinding sorg in die Britse en Ierse Leeus-toer
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die onthullings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi oor beweerde korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is nou in die regering se hande. Mbalula het op ‘n nuuskonferensie in Barberton, Mpumalanga, aangekondig die party sal Maandag tydens sy gewone leierskapsvergadering oor die saak besin, nadat president Cyril Ramaphosa die land Sondag toegespreek het:
# Solidariteit se Helpende Hand-organisasie waarsku Suid-Afrika staar ’n maatskaplike welsynsramp in die gesig namate die ekonomie verswak en regering se besteding hoofsaaklik op toelaes fokus. Phillip Bruwer van Solidariteit kritiseer the Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se nuwe begroting van 294-miljard-rand, waarvan 96-persent aan toelae gaan vir 27-miljoen mense. Bruwer pleit dat die regering ontwikkeling en beleid prioritiseer wat werk skep om armoede volhoubaar te verminder:
# Eskom sê ondanks sporadiese stelselbeperkings, is die land se noodreserwes beskikbaar en strategies ontplooi om aan spitstydaanvraag te voldoen. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê die kragnetwerk is steeds bestendig met drie-duisend-470 megawatt wat teen Maandag weer beskikbaar sal wees. Sy het bevestig Medupi-kragstasie se eenheid 4 is weer aanlyn en 800 megawatt sal binnekort byvoeg word, wat die energiesekerheid en voorsieningsbetroubaarheid dié winter sal versterk:
# Die DA in Gauteng sê belastingbetalers in Ekurhuleni dra die koste van wetstoepassingsdienste op die OR Tambo Internasionale Lughawe terwyl die stad in ‘n hewige finansiële krisis verkeer en tegnies bankrot is. Die party het onthul die stad bestee jaarliks 48-miljoen-rand om metropolisielede by die lughawe te ontplooi, maar geen voordele word ontvang nie, al is boetes van 20-miljoen-rand ingevorder. Die DA-lid, Michael Waters, kritiseer die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika omdat die maandelikse huur vir polisiepersele 16-duisend-rand beloop:
# En sportnuus:
# Sokker: Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, is tot ‘n een elk gelykopuitslag beperk deur Tanzanië se Twiga Stars in ‘n Afrikabeker-vrouetoernooi Groep C-wedstryd. Tanzanië het eerste ‘n doel aangeteken, voordat Bambanani Mbane vir Suid-Afrika in die 70ste minuut die telling gelyk gemaak het. Die afrigter, Desiree Ellis, sê Banyana se wedstryd het nie volgens plan verloop nie, en ondanks ‘n rooi kaart vir Elizabeth Chenge, het Tanzanië kop gehou. Suid-Afrika en Mali is saam voor met vier punte, terwyl Ghana en Tanzanië elk een punt het voor die eindronde:
# En rugby: Die Australies-Nieu-Seelandse span is reg om lewe te blaas in die toer van die Britse en Ierse Leeus en wil hulle planne ontwrig in die laaste opwarmingswedstryd voor volgende Saterdag se eerste toets. Daar is 17 toetsspelers in Les Kiss se groep vir die wedstryd in Adelaide. Al vyftien spelers in die opdrafspan het al hulle lande verteenwoordig met die All Blacks David Havili, Shannon Frizell en Hoskins Sotutu en die Wallabies Marika Koroibete, Pete Samu en Lukhan Salakaia-Loto die mees ervare spelers. Die wedstryd begin vanmiddag 12-uur Suid-Afrikaanse tyd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….