Eko-minuut 13:30
BULLETIN 11 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Suid-Afrika se laekoste-lugredery, FlySafair, het ‘n nuwe, regstreekse roete tussen Kaapstad en Hoedspruit in Limpopo aangekondig wat toegang tot die Krugerwildtuin makliker maak. Die dorp word deur privaat wildreservate omring. Die nuwe roete wat op 2 Oktober begin, sal drie keer per week vlugte bied. Eenrigtingvlugte sal sowat een-duisend-570-rand kos. FlySafair se bemarkingshoof, Kirby Gordon, sê hulle is trots om reisigers ʼn meer bekostigbare en gerieflike manier te bied om die skilderagtige streek te bereik.
# ‘n Hoëvlak Groenbeleggingsdialoog, wat parlementslede en energieleiers van ses Afrikalande bymekaarbring, word tans in Walvisbaai, Namibië gehou. Die dialoog wat Sondag ten einde loop, ondersoek die rol van groenwaterstof in Afrika se toekomstige energie- en nywerheids-landskap. Jona Musheko van die Groenwaterstofprogram in Namibië sê die dialoog kyk na maniere om klimaatfinansiering vir groen energiesones en deurgange regdeur die vasteland te versnel:
# En ten slotte: Hernubare energie het verlede jaar wêreldwyd met 15-persent gegroei, hoofsaaklik deur die vinnige oprigting van wind- en sonkragprojekte in Asië. Dit is volgens vanjaar se verslag oor statistieke wat die Internasionale Agentskap vir Hernubare Energie vrygestel het. Asië het in 2024 71-persent hernubare-energievermoë gehad, Europa 12,3-persent en Noord-Amerika 7,8-persent. Die agentskap se direkteur-generaal, Francesco la Camera, sê lande en streke wat betekenisvolle beleggings in hernubare projekte lok, se energiesekerheid verbeter:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….