Nuus 06:00
BULLETIN 11 Julie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sal vandag vir die eerste keer met die vooraanstaande persone vergader
# Die African Congress for Transformation sê verklikkers moet beskerm word
# En atletiek: Minister McKenzie verwelkom die uitspraak ten gunste van Caster Semenya
# President Cyril Ramaphosa sal vandag die nasionale dialoog se groep vooraanstaande persone by die Uniegebou in Tshwane ontmoet. Die groep wat bestaan uit gerespekteerde persone uit alle groepe van die samelewing, sal help om gesprekke te lei wat beoog om die nasie bymekaar te bring en sal meer besonderhede kry oor die eerste nasionale konvensie wat vir 15 Augustus beplan is. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die vergadering sal die groep se rolle en doelwitte bepaal vir die belangrike nasionale dialoogproses.
# Die ANC adjunkpresident, Paul Mashatile, het sy voorganger, David Mabuza, geprys vir sy onwrikbare toewyding aan openbare diens. By die gedenkdiens in Mpumalanga, het Mashatile gesê Mabuza het met toegewyde ywer en ‘n diep sin vir verantwoordelikheid sy pligte nagekom. Mashatile het die land aangemoedig om Mabuza se nalatenskap te vereer deur die doelstellings van die Vryheidsmanifes te realiseer en erkenning te gee aan sy toewyding tot die Suid-Afrikaanse vryheidstryd:
# Die African Congress for Transformation bepleit strenger wette om verklikkers te beskerm. Dit volg ná ernstige bewerings van korrupsie in die polisiediens. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, het uitlatings gemaak oor inmenging by polisie-ondersoeke. Die ACT eis ‘n onafhanklike ondersoek wat gelei word deur afgetrede regters, en noem ook burgers verdien leiers wat in die belang van geregtigheid optree en nie deelneem aan politieke toesmeerdery nie. Die party se woordvoerder, Mohau Khumalo, sê verklikkers word geteiken en nie beskerm nie en dit bedreig demokrasie.
# Die Gautengse Departement van Onderwys het bevestig hy het in Junie 2025 fondse oorgedra na alle geïdentifiseerde skole om munisipale rekeninge te betaal. Die LUR, Matome Chiloane, sê skole met Artikel 21-funksies moet water- en elektrisiteitsrekeninge vereffen. Die woordvoerder, Steve Mabona, sê die departement hou steeds toesig en verskaf opleiding. Hy gee die versekering geen skool sal ontkoppel word nie en versoek skole om aan vereistes te voldoen en gesonde finansiële bestuur te beoefen:
# Leiers van lidlande en internasionale organisasies van die Koalisie van die Gewilliges het hernude steun vir Oekraïne en verdere druk op Rusland belowe. Die leiers het gister virtueel in Londen en Rome byeengekom, met die VSA wat vir die eerste keer deelgeneem het. Die Britse premier Keir Starmer sê hulle het ooreengekom dat, terwyl Rusland se aggressie voortduur, die koalisie seker sal maak Oekraïne kry die militêre en finansiële steun wat hulle vir verdediging nodig het:
# Atletiek: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die Europese Hof vir Menseregte se uitspraak oor Caster Semenya verwelkom. Die hof het beslis dat die dubbele Olimpiese kampioen se reg op ‘n billike verhoor deur die Switserse Federale Hooggeregshof geskend is toe sy in 2020 haar appèl teen Wêreldatletiek se regulasies verloor het. Die departement se woordvoerder, Zimasa Velaphi, sê dit is ‘n kritieke oomblik in die stryd vir die waardigheid en menseregte van vroulike atlete met verskille in seksuele ontwikkeling:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-74-sent teen die euro en 24-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-810-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-324-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-18-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….