Nuus 17:00
BULLETIN 10 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SA Suikerriet-kwekersvereniging waarsku oor ‘n dubbelle terugslag van Amerikaanse heffings en gesubsideerde invoere
# Action Society dreig met regstappe nadat ‘n veroordeelde moordenaar per ongeluk vrygelaat is
# En rugby: Frankryk se span word behoorlik geskommel vir die tweede toets teen die All Blacks
# Die Suid-Afrikaanse Suikerriet-kwekersvereniging sê die plaaslike suikerbedryf word ernstig bedreig deur die Amerikaanse heffing van 30-persent op uitvoere en ‘n toename in goedkoop gesubsideerde suikerinvoere. Hy waarsku dat die heffings wat volgende maand in werking tree, suiker onmededingend sal maak, terwyl goedkoop invoere van Brasilië en Indië reeds plaaslike pryse ondergrawe. Higgins Mdluli van die vereniging vra die regering moet invoertariewe dringend aanpas om meer as ‘n miljoen mense se voortbestaan te beskerm en verdere skade aan die sukkelende bedryf te voorkom.
# Statistieke SA sê vervaardiging het in Mei met 0,5-persent toegeneem vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste hupstoot het van die staal- en metaalproduktebedryf gekom. Die motorvoertuig- en vervoertoerusting-sektor het ‘n skerp daling van 6,7-persent ervaar. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê uitsette het in die laaste drie maande met 0,3-persent gedaal, hoofsaaklik weens laer produksie van voedsel en drankies:
# Action Society dring aan op antwoorde van die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, nadat ‘n veroordeelde moordenaar, Xolani du Preez, per ongeluk uit aanhouding vrygelaat is. Du Preez was veronderstel om sy vonnis uit te dien in die Pollsmoor-gevangenis vir die moord op die Kaapstadse grimeerkunstenaar Suritha Alting, maar is vrygelaat ondanks ‘n hofbevel daarteen. Juanita du Preez van Action Society sê die vrylating is die gevolg van ernstige naltigheid en waarsku dat hulle regstappe sal doen indien nodig:
# Rugby: Frankryk se afrigter, Fabien Galthie, het tien veranderings aan sy opdrafspan aangekondig vir die tweede toets teen Nieu-Seeland na die nederlaag van 31-27 in Dunedin. Die haker Gaetan Barlot, wat reeds tien toetse gespeel het, is behou en as kaptein aangewys. Vier van die vyf spelers wat op 29 Junie in die Top 14-eindstryd gespeel het, begin saam met Leo Barre, wat weens ‘n dybesering laat aangekom het in Nieu-Seeland. Barlot gaan ‘n onervare span lei met die spelers in die beginspan wat gemiddeld slegs vier toetse gespeel het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-75-sent teen die dollar, 20-rand-78-sent teen die euro en 24-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-4-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-323-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-38-sent per vat.
# En ten slotte: Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die Provinsiale Rampbestuursentrum sal op gereedheidsgrondslag bly met gure weer wat weer vanaf môre verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik vir baie koue, nat en winderinge toestande reg oor die Wes- en die Noord-Kaap. Bredell se woordvoerder, Rowena van Wyk, sê dag-temperature sal tot so laag as 10-grade Celsius en laer daal, met wind van 30-kilometer per uur:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….