Eko-minuut 13:30
BULLETIN 9 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die sonkragtegnologie-maatskappy, Wetility, sê sy kunsmatige intelligensie-modus-ontwerp wys hoe vernuwing in klimaat-tegnologie beter prestasie lewer en klante se ervaring verbeter. Die maatskappy het sy eerste Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging se Sonkrag FV Navorsing- en Ontwikkelingstoekenning ontvang vir sy vernuwing. Wetility se hoofprodukbeampte, Ikenna Oguguo, sê KI-modus verander volgens die weer van sonkrag na batterykrag en lewer outomaties tot 90-persent energiebesparing.
# Die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng het ‘n outomatiese chloor-stelsel by die Meyerton-reservoir aangebring. Die projek van 1,2-miljoen-rand wil inwoners pro-aktief beskerm en seker maak kraanwater bly veilig en drinkbaar. Die munisipaliteit se woordvoerder, Idah Satikhe, sê die stelsel sal bydra om die gevaar van wateroordraagbare siektes soos cholera te verminder:
# En ten slotte: China se koolstofvrystellings het in die 12-maande tot Mei met 1,6-persent gedaal, terwyl die wêreld alles uithaal om vrystellings te verminder in sy stryd teen klimaatsverandering. Die land is tans verantwoordelik vir sowat 30-persent van die wêreldwye vrystellings. Volgens die Sentrum vir Navorsing oor Energie en Skoon Lug is die verskuiwing grootliks te danke aan rekordbeleggings in wind- en sonkrag, wat nou meer as 25-persent van China se elektrisiteit opwek. Intussen het elektrisiteit wat uit fossielbrandstowwe opgewek word oor die eerste vier maande van vanjaar met 3,6-persent gedaal.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….