Nuus 12:00
BULLETIN 8 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA versoek Ramaphosa om ondersoek in te stel na vermeende misdadige kaping van regstelsel
# Krieket: Archer kan na Engeland se span terugkeer vir die derde toets teen Indië
# En Netanyahu benoem Trump vir die Nobelprys vir Vrede
# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, waarsku openbare vertroue in instellings wat moet sorg vir veiligheid en aanspreeklikheid het tot gevaarlike lae vlakke gedaal. Dit volg op KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se verdoemende bewerings van pogings tot regsverydeling en beskerming van diegene agter politieke moorde. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê Maimane het president Cyril Ramaphosa gevra vir verskeie dringende ingrypings:
Activists and Citizens Forum loof intussen vir Mkhwanazi dat hy die korrupte stelsel onder Ramaphosa se leierskap uitgedaag het. Mkhwanazi het ook beskuldigings ingebring teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê die bewerings is net die oortjies van die seekoei:
# Eskom sê hy gaan voort om onwettige verbindings te verwyder as deel van sy pogings om infrastruktuur te beskerm en betroubare elektrisiteitstoevoer te voorsien. Die kragverskaffer se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê in sekere gebiede sien hulle ‘n toename in transformators wat veral saans weens oorlading uitskakel. Sy sê dis hoofsaaklik weens meters wat omseil word en onwettige verbindings, veral in gemeenskappe met woonplekke in agterplase of waar wooneiendomme in klein sake-ondernemings omskep is:
# Krieket: Engeland se afrigter, Brendon McCullum, sê die snelbouler Jofra Archer is beskikbaar vir insluiting in die span vir die derde toets teen Indië wat Donderdag op Lord’s begin. Die 30-jarige Archer het in Februarie 2021 laas in ‘n toets gespeel weens ‘n reeks beserings aan sy elmboog en lae-rug. Die reeks is gelykop nadat Indië die gashere met 336 lopies verslaan het in die tweede toets op Edgbaston. McCullum sê almal weet waartoe Archer in staat is, en hy hoop hy kan sy spelpeil herwin.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-77-sent teen die dollar, 20-rand-89-sent teen die euro en 24-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-463-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-326-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-76-sent per vat.
# En ten slotte: Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het president Donald Trump van Amerika vir die Nobelprys vir Vrede benoem. Die twee leiers het gister in Washington ontmoet, die eerste keer sedert Amerika se aanvalle op Iran se kernprogram. Netanyahu het Trump se pogings geloof om vrede in die Midde-Ooste te bewerkstellig en sê hy verdien die prys. Pakistan het verlede maand gesê hy sal Trump vir die prys aanbeveel vir sy aandeel om sy onlangse konflik met Indië op te los.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….