Nuus 18:00
BULLETIN 7 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# NotInMyName vra die opskorting van die nasionale dialoog te midde van skok-bewerings teen die minister van Polisie
# Die Belastinginstituut herhaal die Ontvanger se waarskuwing oor swendelskemas tydens die belastingseisoen
# En telefoonverbindings is herstel by twee Gautengse hospitale
# Die burgerlike samelewingsbeweging NotInMyName het die regering versoek om die nasionale dialoog onmiddellik op te skort en aangevoer dat dit geldmors is terwyl misdaad en korrupsie buite beheer is. Siyabulela Jentile van die beweging sê die onlangse moord op ‘n ouditeur van die Ekurhuleni-metro, Mpho Mafole, wat na bewering gekoppel is aan ‘n skandaal van twee-miljard-rand, en aantygings van politieke inmenging deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, wys dat die land in ‘n krisissituasie is:
# Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belasting het die oproep van die kommissaris van die Inkomstediens, Edward Kieswetter, beaam vir waaksaamheid te midde van toenemende swendelskemas tydens die belastingseisoen. Waarnemende uitvoerende hoof, Keitumetse Sesana het aan Newzroom Afrika gesê swendelaars boots eposse van die Inkomstediens na. Sy stel voor dat burgers belasting-verwante kommunikasie regstreeks met die Inkomstediens of ‘n geregistreerde belastingpraktisyn moet bevestig, en sê slagoffers van swendelskemas word nie gevrywaar van belastingverpligtinge nie:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê die telefoonverbindings na die Charlotte Maxeke Johannesburgse Hospitaal en die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal is suksesvol herstel. Dit volg na onlangse probleme wat deur beskadigde optiese veselkabels veroorsaak is. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die tegniese span het die stelsels by albei instellings herstel:
# Sokker: Banyana Banyana bly gefokus wanneer hulle vanaand hulle titel as wenners van die Afrikabeker-vrouetoernooi begin verdedig in die wedstryd teen Ghana in Marokko. Die spelers sê hulle weet dit gaan ‘n taai kragmeting met die Black Queens wees maar hulle is goed voorberei nadat hulle die vooraf-wedstryde teen Malawi, Botswana en Zambië gewen het. Hulle beklemtoon hulle groepfokus, geestelike veerkragtigheid en spangees. Afrigter Desiree Ellis se span meen hulle is reg om hulle oorwinning van 2022 te herhaal.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-75-sent teen die dollar, 20-rand-83-sent teen die euro en 24-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-115-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-317-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-59-sent per vat.
# En laastens, die sewende rolprent in die aksie-avontuurreeks wat Steven Spielberg geskep het, Jurassic World Rebirth, is die nommer-een in Amerikaanse rolprentteaters. Die rolprent, wat spog met ‘n nuwe rolverdeling met Scarlett Johansson, Mahershale Ali en Jonathan Bailey in die hoofrolle, was wêreldwyd ook die tweede gewildste. F1: The Movie, met Brad Pitt in die hoofrol was tweede met DreamWorks Animation se aksieprent How to Train Your Dragon, derde. Disney en Pixar se Elio en Sony se 28 Years Later is onderskeidelik vierde en vyfde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….