Nuus 14:00
BULLETIN 7 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# SAFTU vra Ramaphosa om land toe te spreek oor Mkhwanazi
# Die Departement van Landbou laat melk van kwarantynplase op die plaaslike mark toe
# En krieket: Wiaan Mulder maak geskiedenis in die tweede toets teen Zimbabwe
# Die vakbondfederasie Saftu het president Cyril Ramaphosa gevra om die land toe te spreek oor die uitlatings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris. Nhanhla Mkhwanazi het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, beskuldig van inmenging met ondersoeke na politieke sluipmoorde en georganiseerde misdaad deur die elite-taakspan vir politieke moorde te ontbind. Saftu se woordvoerder, Newton Maseko, sê die president kan nie bekostig om stil te bly of bloot interne departementele ontkennings te aanvaar nie, omdat die vertroue van die land se inwoners tans in gedrang is:
Die Forum vir Suid-Afrika vra Ramaphosa intussen om dit te oorweeg om die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, met Mkhwanazi te vervang. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê Mkhwanazi het talle burgers se onbeantwoorde vrae oor korrupsie en misdaad beantwoord nadat hy die Mchunu beskuldig het. Hy sê die forum vra Ramaphosa om Mchunu te verwyder of na ‘n geskikte posisie te skuif:
# Die Departement van Landbou sê terwyl sommige provinsies sukkel met bek-en-klouseer, het hulle besluit om toe te laat dat melk van kwarantyn-plase in Limpopo en die Oos-Kaap op die plaaslike mark vrygestel word. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die opheffing van die siektebestuursgebiede aangekondig nadat verskerpte pogings deur die Veeartsenykundige Dienste suksesvol was om die verspreiding van die siekte te beperk. Die adjunk-direkteur-generaal van Landbouproduksie, Dipepeneneng Serage, sê boere word aangespoor om biosekerheidsmaatreëls na te kom:
# Plastics SA vra slimmer, bewysgebaseerde oplossings teen plastiekgebruik en nie ‘n oorkoepelende verbod nie terwyl druk wêreldwyd toeneem om dit te verminder. Suid-Afrika vervaardig byna 2,5-miljoen ton plastiek per jaar. Die land spog ook met die hoogste meganiese herwinningskoers in ontwikkelende lande, met meer as 28-persent plastiek wat plaaslik herwin word ná gebruik. Plastics SA se uitvoerende direkteur, Anton Hanekom, sê mense moet onder meer voorkeur gee aan verantwoordelike gebruik, sortering en verbeterde herwinningstelsels, en vernuwing in produkontwerp.
# Krieket: Die waarnemende kaptein, Wiaan Mulder, het die beste toetstelling vir ‘n Suid-Afrikaner oortref op die tweede oggend van die tweede toets teen Zimbabwe in Bulawayo. Hy het die rekord van ‘n onoorwonne 311 verbeter wat Hashim Amla in 2012 op die Oval teen Engeland aangeteken het. Hulle is die enigste Protea-kolwers wat nog ‘n driedubbele honderdtal kon bereik. Mulder is ook die eerste speler om ‘n 300-tal aan te teken in sy buiging as toetskaptein. Hy het na middagete verklaar op 626 vir vyf, en onoorwonne op 367.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-79-sent teen die euro en 24-rand-11-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-904-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-309-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-39-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….