Nuus 13:00
BULLETIN 5 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom sê die kragstelsel voldoen aan die winter-aanvraag
# Meer as 800 huishoudings is deur die oorstromings in Kaapstad geraak
# En laastens: Dis naelbyttyd by Wimbledon
# Eskom sê die kragstelsel bly bestendig en veerkragtig om aan die winter-aanvraag te voldoen. Die woordvoerder, Daphne Mokwena sê hoewel daar af en toe stelselbeperkings ontstaan, word dit doeltreffend bestuur, met voldoende noodreserwes beskikbaar wat strategies ontplooi word gedurende oggend- en aand-spitstydperiodes. Sy sê die kragverskaffer bly verbind tot beter netwerkbetroubaarheid deur die voortsetting van die herstelplan:
# Die Stad Kaapstad sê hy doen ‘n evaluering ná gisteraand se swaar neerslae wat ‘n uitwerking gehad het op ‘n aantal gebiede, insluitend Mfuleni, Gugulethu en Khayelitsha. Die stad se woordvoerder vir Ramprisikobestuur, Sonica Lategan, sê die Vygieskraal-kanaal het oorstroom wat ‘n uitwerking gehad het op ‘n aantal paaie in die Athlone- en Belgravia-gebied. Sy sê ‘n totaal van drie-duisend-750 mense is geraak:
# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê hy gee aandag aan die probleme wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie uitgelig het oor ongekwalifiseerde personeel by veilige sorgsentrums. Die woordvoerder, Bathembu Futshane, sê die kommissie het probleme rondom kwalifikasies en vaardighede gevind en provinsies het nou ooreengekom op stappe om te doen, insluitend die bevordering van opleiding, die ouditering van kwalifikasies en die oorreding van universiteite om kinderkursusse uit te brei:
# En nou vir tennisnuus van Wimbledon:
# Die sewemalige kampioen Novak Djokovic sal later vandag teen sy landgenoot Miomir Kecmanovic in die derde ronde by Wimbledon te staan kom. Sedert hy die Amerikaanse Ope in 2023 gewen het, het die Serwiër telkens ‘n rekord 25ste groot toernooi oorwinning nouelings misgeloop. Die voormalige wêreldnommer een het sedertdien een Grand Slam-eindstryd en drie halfeindrondes verloor, maar hy sê hy is op sy gemak op die hoofbaan by Wimbledon. Djokovic het al drie sy vorige wedstryde teen Kecmanovic gewen, insluitend een by Wimbledon in 2022.
Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek sal intussen wraak wil neem wanneer sy later vandag teen Danielle Collins by Wimbledon te staan kom. Die agtste gekeurde het vroeër vanjaar ‘n skokkende derde ronde-nederlaag teen die Amerikaner by die Italiaanse Ope gely, waar sy die verdedigende kampioen was. Daar is nie veel liefde tussen Swiatek en Collins nie nadat die wêreldnommer 54 die Pool as “vals” gekritiseer het toe sy verlede jaar uit hul wedstryd by die Olimpiese Spele onttrek het. Swiatek het gesê sy sal takties moet voorberei vir vandag se wedstryd.
# En om af te sluit: Oasis het vir die eerste keer in byna 16 jaar weer opgetree, met die broers Liam en Noel Gallagher se konsert by Cardiff se Principality-stadion. Die paar het in 2009 uitmekaar gegaan, en vir baie jare het ‘n hereniging onwaarskynlik gelyk. Toe dit verlede somer aangekondig is, is die optrede oorskadu deur ‘n storm oor dinamiese pryse, wat pryse laat opskiet het. Maar aanhangers het saamgestem dat dit elke pond werd was. Oasis was amper so goed soos altyd. En uiteindelik het alles eintlik net oor die musiek gegaan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….