Nuus 11:00
BULLETIN 5 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering doen ‘n beroep op inenting teen masels
# Vyf mense, insluitend ‘n polisiebeampte, kom om in ‘n ongeluk in KwaZulu-Natal
# En Donald Trump vier sy wetsontwerp met vuurwerke en ‘n verbyvlug
# Die regering doen ‘n beroep op alle ouers en versorgers om seker te maak dat kinders ten volle ingeënt is teen die gevaarlike en hoogs aansteeklike maselsvirus. Die regering sê vanjaar tot dusver is 379 laboratoriumbevestigde maselgevalle en 409 rubellagevalle deur die Maselverwysingslaboratorium by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika aangemeld. ‘n Woordvoerder Nokululeko Mtshali sê inenting is die beste beskerming teen ernstige aansteeklike siektes:
Die DA in Limpopo sê intussen die versuim om gereeld die water by skole te toets, kan nog ‘n bilharzia-uitbreking veroorsaak, soos die een verlede jaar. Die party doen ‘n beroep op die LUR vir Onderwys, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, om watergehaltetoetsing voorop te stel en saam met munisipaliteite te werk om te verseker leerders het toegang tot skoon, veilige water. Die DA-lid, Jacques Smalle, sê bevindings van WaterCAN dui aan 43-persent van die watermonsters wat by skole in die land geneem is, is onveilig om te drink:
# Vyf mense, insluitend ‘n polisiebeampte, is gisteraand dood toe ‘n Volkswagen Polo en ‘n minibustaxi langs die N3-tolroete, net na die Marrianhill-tolplaza in KwaZulu-Natal, in ‘n ongeluk betrokke was. Die provinsiale Departement van Vervoer se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê ‘n minibustaxi met 17 passasiers wat na Ixopo onderweg was, het die pad byster geraak en 50 meter teen die wal afgerol. Hy sê twaalf passasiers is met beserings na die hospitaal vervoer:
# Ná weke van mooipraatjies het president Donald Trump die Republikeine oortuig om sy binnelandse mega-wetsontwerp te steun. Hy het die wetgewing gister onderteken sê dit is “die grootste wetsontwerp van sy soort in die geskiedenis”. Dit volg ten spyte van kommer oor Medicaid-besnoeiings, ‘n uitbreiding van tekorte en politieke slaggate. Trump het tydens die 4 Julie-piekniek die land se onafhanklikheid gevier asook die grootste wetgewende oorwinning van sy tweede termyn. Daar was ‘n bomwerper-verbyvlug as erkenning aan die onlangse aanvalle op Iran, en ‘n vuurwerkvertoning.
# En nou vir sportnuus:
# Fietsry: Die tweemalige-kampioen Jonas Vingegaard sê hy is vol vertroue dat hy weer eens die Tour de France kan wen. Fietsry se grootste wedren behels ook een van die sport se grootste persoonlike kompetisies, met die sagsprekende Vingegaard wat meeding met die verdedigende kampioen, Tadej Pogacar, wat ‘n meer flambojante styl handhaaf. Die Sloween, Pogacar val aan as hy die geringste geleentheid sien, terwyl die Deen op ‘n meer doelbewuste plan staatmaak. Tussen die twee het hulle al die wedren vyf keer gewen. Die 112de weergawe van die kompetisie begin vandag in die noordelike stad van Lille.
# En tennis: Carlos Alcaraz het gister in vier stelle teen Jan-Lennard Struff gesukkel om die laaste 16 van Wimbledon te haal. Hy sal in die vierde ronde teen Rusland se Andrey Rublev te staan kom. In die vroue-afdeling het die topgekeurde Aryna Sabalenka met die Brit Emma Raducanu afgereken. Sabalenka is ‘n driemalige Grand Slam-kampioen, maar kon nog nooit verder as die halfeindronde by Wimbledon vorder nie. Vroeër gister het die Australiese Ope-kampioen en sesde gekeurde Madison Keys nog een van die vele topgekeurdes geword wat vroeg huis toe is, nadat sy teen Duitsland se Laura Siegemund verloor het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….